Senwes Scenario Junie / Julie 2017 | Page 8

••••
NUUS

Die rol van landboubesighede in ‘ n veranderende landbou-omgewing

6
NA DIE UITSTEKENDE LANDBOU- BESIGHEDE : WAARHEEN LEI DIE PAD ? RUBRIEK VAN SENWES HOOF UITVOERENDE BEAMPTE , FRANCOIS STRYDOM , WAT IN MEI 2017 IN DIE LANDBOUWEEKBLAD VERSKYN HET , HET ONS DIE ARTIKEL , MET VERGUNNING , VERDER MET HOM GEVOER . VERAL RAKENDE DIE VERANDERENDE LANDBOUOMGEWING , DIE ROL VAN LEIERSKAP EN NATUURLIK OOR DIE VISIE EN STRATEGIE WAT HIER NODIG IS .
AUBREY KRUGER
DIE VERANDERENDE LANDBOUOMGEWING Om mee te begin . Toe die landboulandskap verander het , het sekere besighede primêr in die hande van lede gebly , terwyl ander weer die net wyer gegooi en die waardeketting uitgebrei het . Dit gaan hier oor waar dit die produsent nou eintlik laat , wat landboubesighede se huidige rol is en in wie se belang hulle optree .
Hier gaan dit in realiteit oor die plek en doel van ’ n landboubesigheid en waar hy inpas , eintlik daaroor dat hierdie rol deurentyd en by herhaling herontdek moet word . Die sakesektor in die wêreld het volgens my van die 1990 ’ s eintlik so bietjie die spoor verloor , met baie wat gesê het dat alles oor die aandeelhouer gaan . Aandeelhouers is sekondêr .
JUN / JUL 2017 • SENWES Scenario
Dit gaan eerste oor die klant , personeel , insetverskaffers en die gemeenskap , en as alles logies werk , dan sal die aandeelhouer vergoed word . Die kruks is dat al hierdie dinge in balans moet wees .
DIE ROL VAN LEIERSKAP Die rol van ’ n leierskap is om die omstrede onderwerpe na die voorgrond te bring . ’ n Leier mag nie kies om net oor die veilige onderwerpe te praat nie . Daar moet oor die groter goed ook gepraat word , anders gaan jy verseker nie bepalend wees nie .
By die definisie van die rol van leierskap gaan dit oor die rol van leiers om hul organisasies en maatskappye na plekke te neem waar hulle nie die nodigheid insien om heen te gaan nie , maar later dankbaar is dat hulle wél daar uitgekom het - dit bly ’ n goeie opsomming hiervan . Dit word slegs bereik deur goeie leierskap . ‘ n Leier bereik hierdie vlak deur harde werk , asook intense nabetragting . Hy kyk twee tot drie bulte vooruit deur nie slegs die daaglikse planne na te volg nie , maar ’ n langtermynstrategie na te streef . Hy moet visie hê - dit is eintlik wat leiers veronderstel is om te doen .”
WAT IS ‘ N LANDBOUBESIGHEID ? Die feit is dat baie landboubesighede in die laaste 110 jaar aangepas het om by die nuwe omstandighede in te pas .
Soos reeds genoem , het landboumaatskappye in die verlede in verskillende rigtings ingebeur . In die lig hiervan moet daar absoluut seker gemaak word dat alle partye van dieselfde ding praat as hulle van landboubesighede praat . Vir my is dit ’ n verkeerde aanname om te sê landboubesighede be hoort net aan produsente . Dit is dieselfde as om te sê banke behoort net aan bankiers ? Jy beperk jouself ongelooflik baie . My vraag is hier : Wat het dit op die ou einde met jou strategie te doen ?
GOEIE VISIE IS ABSOLUUT KARDINAAL ‘ n Besigheid moet ’ n goed gedefinieerde visie hê , wat enkelvoudig klem lê op die uitvoering van sy sakeplan . Hier gaan dit oor strategie en visie . In Senwes se geval : Wat is die doel van Senwes ? Die klant gaan nie die doelstellings van Senwes kan opnoem nie . Sê hier eerder waarvoor staan Senwes , Senwes gaan oor een ding en dit is
> VERVOLG OP BLADSY 8