Senwes Scenario Junie / Julie 2017 | Page 6

•••• HOOFARTIKEL

NASIE IN GESPREK SE BOODSKAP WYD EN SYD VERSPREI

4
SUID-AFRIKA SE VEELBESPROKE LANDBOUGESPREKS- PROGRAM , NASIE IN GESPREK , HET VANJAAR SY VIERDE BESTAANSJAAR GEVIER TYDENS DIE JAARLIKS OPNAME DAARVAN BY DIE LANDBOUKALENDER SE BELANGRIK- STE GEBEURTENIS , DIE NAMPO OESDAG IN BOTHAVILLE VANAF 16-19 MEI .
MARLON ABRAHAMS

Die program het in statuur en reputasie gegroei en het weereens die sektor se belangrikste belanghebbendes en rolspelers na die gesprekstafel ge bring , waar sake soos Vroue en die Jeug in Landbou en Grondgrype sonder Vergoeding bespreek is .

Die Nasie in Gesprek sosiale mediaplatforms het interaksie met meer as 300 000 mense oor die vier dae aangedui , terwyl verwag word dat die organiseerders van die Nampo Oesdag besoekergetalle gaan aankondig wat die 75 000 besoekers van verlede jaar gaan oorskry . Dit , tesame met blootstelling op platforms soos Talk Radio 702 / Cape Talk , RSG , Landbouweekblad en lewendige uitsending op News24 , sowel as die deurlopende blootstelling van die reeks op KykNet , Sowetan TV en Business Day TV , het daartoe gelei dat Nasie in Gesprek ongetwyfeld die nasie se mees populêre landbougespreksprogram is .
Hierdie jaar se uitsending vanaf Nampo kan ongetwyfeld beskryf word as uiters openhartig en alle partye het saamgestem dat die tyd vir optrede aangebreek het .
JUN / JUL 2017 • SENWES Scenario
Opmerkings soos “ ons kan nie vir die regering wag nie , ons moet dit self doen ,” het die gees van hierdie jaar se reeks raak saamgevat .
Tydens die mediabekendstelling op 15 Mei , het ’ n paneel met Carte Blanche se Derek Watts as gasheer , en gaste soos DG DAFF Mike Mlengana , Landbant HUB TP Nchocho , Roelf Meyer – In Transformasie Inisiatief , 702 / Cape Talk se Stephen Grootes en Milaan Thalwitzer van die Bosveld Groep , geluister hoe die DG erken dat die regering in sy implementering van grondresti tusie gefaal het . Daar was egter hernude begrip van wat betrokke is en wat nodig is om dit te laat realiseer , sowel as ’ n hernude verbintenis tot die proses .
Gesprekke gedurende die week is gekenmerk deur passie en opregtheid en belanghebben des soos Senwes se Francois Strydom het beklemtoon dat indien besigheid hulle sou besig hou met besigheidsbeginsels , sal swart bemagtiging deel word van die besigheidsplan . AFGRI HUB , Chris Venter , het aangedui dat hy nog nooit ’ n boer ontmoet het wat nie wil help nie .
Kommersiële boer Herbert Mabuza , ’ n voormalige redakteur van die Sunday Times , het ’ n uitstekende toespraak gelewer oor hoe hy begin boer het en hoe ’ n wit boer geweier het om sy plaas aan hom te verkoop , tensy hy sou leer om te boer . Tydens die inset oor Vroue in Landbou het Gloria Serobe , HUB van Wipcapital en stigter van Wiphold , SA se eerste SEBmaatskappy wat ’ n permanente , breë-basis aandeelhouding in 1997 gevestig het , gesê dat Wiphold die landbou betree het met ’ n 2000 hektaar saaiboerdery .
Ander boeiende gesprekke het gegaan oor Finansies : Arbeid , Diversifikasie en Finansiële Beplanning ; Die Rol van Tegnologie ; Grondgesondheid en Adviseurs in Landbou , terwyl aanbieder Jeremy Maggs ’ n paneel gelei het wat gaste soos Musi Kuzwayo van Ignitive Agency ingesluit het , wat oor die belangrikheid van die vestiging en instandhouding van ’ n handelsmerk gepraat het .
Mede-aanbieder en voormalige Sowetan redakteur en Power FM se stasiebestuurder Mpumelelo Mkhabela , was die gashere van die gesprek oor loopbaangeleenthede vir die jeug en hoe om nuwe toetreders na die landbousektor te lok . Dit was duidelik dat die landbouwaardeketting , van die saad tot die bord , baie , baie opwindende en uiteenlopende werksgeleenthede bied .
Besoek die Nasie in Gesprek webtuiste by www . nasieingesprek . co . za om die Nasie in Gesprek Toepassing af te laai en na al die episodes te kyk en verseker so dat jy nie uitmis op hierdie belang rike gesprekke nie .