Senwes Scenario Junie / Julie 2017 | Page 58

•••• RUBR I E K Jy’s geroep. Al dink jy nie so nie MILANIE VOSLOO “ROEPING” KLINK BAIE “KERKERIG”. EN NIE ALMAL KAN OF WIL PREDIKANTE OF SENDE­ LINGE WEES NIE. BOONOP SUKKEL ONS OM ELKE DAG DEUR AL DIE HOOI OP ONS VURK TE WORSTEL EN HET ONS REGTIG NIE TYD VIR NÓG ’N VERPLIGTING NIE. D ie waarheid is dat elkeen van ons wel geroepe is om iets spesiaal te doen en hierdie roeping hou meestal direk verband met die gawes wat reeds aan ons gegee is. Soos John C Maxwell sê: People’s purpose in life is always connected to their giftedness. Die vraag is dus nie óf jy geroep is nie, maar wat jou roeping is. Almal wat in die landbouwêreld geplant is, maak op een of ander manier ’n verskil aan voedselvoorsiening. Iewers gee jy kos aan iemand... iewers skep en gee jy lewe! Wat ’n voorreg! Jy maak indirek ’n verskil aan léwe. Maar jy is verseker ook nie sommer net geplant op die plek waar jy nou is nie. Jy is in jou besondere situasie en omge­ wing omdat jy deur jóú menswees ander se lewens ánders kan maak. Jy mag ’n baie spesiale gawe hê om met mense te werk, om nuwe hoop te bring deur jou kreatiwiteit, of om deur jou wysheid nuwe moontlikhede oop te sluit. Jy is dalk iemand wat deur jou voorbeeld mense tot ander insigte bring. Mis­ kien kan jy deur ’n sagte woord aan iemand weer moed gee vir môre. Of... dalk is jy die een wat deur jou gewone lewe en die manier hoe jy mense hanteer, vir die mense met wie jy elke dag te doen kry, kan vertel wie God is. Meer nog: hóé Hy is. Hoe vergewensgesind, liefdevol en goed Hy is. Wat dink jy is jou roeping? En hoe kan jy dit wat jy is, wie jy is, so leef dat ander na jou sal kyk en dink, “Ek wil ook so wees, want hy/sy het “iets” wat ek nie het nie. Elke kind van God is deur Hom geroep om iets van Hom te wees. Waarvoor dink jy is jy geroep? Here, dankie dat U deur mý – gebroke mens – lewens kan raak. Ek wil naby aan U hart bly sodat ek hom kan hoor klop; kan hoor wanneer U vir my sê: “Volg My.” En dan Here, help my om dan “ja” te sê op U roepstem. 56 JUN/JUL 2017 • SENWES Scenario Wen HOOP WAT KAALVOET LOOP Soms druk die lewe... soos ’n paar ongemaklike skoene aan die einde van ’n lang dag. Dis dán wanneer jy kan tuiskom by God; wanneer jy jou hart se skoene kan uitskop en jou gestroopte menswees met Hom kan deel. En dis in daardie veilige ruimte by Hom waar jy sal ervaar hoe Hy die donker in jou verdryf en aan jou nuwe hoop gee. Hoop wat kaalvoet loop se 101 dagstukkies is propvol hoop en inspirasie. Milanie Vosloo wys jou hoe jy – ten spyte van baie dinge – kan bly dans oor die lewe en bly hoop. Hoe jy – ondanks alles – kan blý vertrou omdat jy ’n Vader het wat jou stewig vashou. Wat jou met arms vol genade­seën wil toevou. Die oordenkings in dié dagboek is geneem uit Milanie se topverkoper-boeke Siels­kos vir die vrou wat lééf! en Laat Sy liefde jou lei. Die dag­ boek word afgerond met teksverse vir spesifieke behoeftes en plek vir notas agterin. Die boek is in Augustus 2016 uitgereik en is teen R179.95 op die rakke. Milanie Vosloo is ’n topverkoper-outeur wat deur haar boeke al duisende vroue se lewens verander het. Met haar eerlike manier kry sy dit reg om die hart en siel van haar lesers te raak, hulle te inspireer en aan hulle hoop te bring. Jy sal vind dat Milanie se woorde jou hart raak omdat sy met opregtheid en wysheid haar lewens­ondervinding as sukses­ volle sakevrou, skrywer, ma en vriendin met jou deel. Wen met Senwes en Cum Uitgewers. Een gelukkige leser kan ’n kopie van Hoop wat kaalvoet loop, 101 dagstukke vol hoop en inspirasie wat jou siel sal verkwik, wen. SMS Senwes, Cum, jou naam, telefoonnommer en e-posadres na 31022 voor 31 Julie 2017. Standaard sms-tariewe geld en geen werknemers van Senwes mag deelneem nie. Vir die volledige kompe­ tisiereëls, besoek die webtuiste www.senwes.co.za.