Senwes Scenario Junie / Julie 2017 | Page 57

••• • • T UIN W E N K E • • Winter klop aan die deur D aar is klaar ’n byt in die lug. Dit is klaar tyd om jou winter­groentetuin te vestig. Wintersgroente het ’n periode van ses tot agt weke nodig om te vestig en te groei voor die eerste ryp kom. Uie, wortels, beet, radyse, blaarslaai, alle kool, spreie, seldery en grasuie is alles winter­ groente wat geplant kan word. Berei beddings voor deur organiese kompos in die area in te werk, tot ’n graafdiepte. Meeste van die groente kan van saad gegroei word. Indien jy wortels, beet en uie saai, is dit beter om dit bietjie te dik te saai en dan uit te dun as om dit te yl te saai. Kool, blaarslaai en spinasie plant baie maklik uit en kan dus op ’n klein oppervlak gesaai word tot die plantjies groot genoeg is vir verplanting. Seldery is ook maklik om uit te plant. Bemes die tuin met organiese bemesting om te verse­ ker jy kry gesonde groente vir jou en jou gesin. Wenke: Meng knoffel en uiesap met chillipoeier, water en babasjampoe as ’n teenmiddel vir ongewenste goggas en plae. Gebruik ’n organiese grondbedekking (mulch) om water te bespaar aangesien groenteplante baie dorstig is. ’n Winterstuin is op sy mooiste in die lente. Plant dus plante wat jy nie met ’n swaar hart sal uitpluk om voorsie­ ning te maak vir jou somertuin nie. Met die koste van tuinmaak stel ek voor dat fokuspunte in songedeeltes be­ plant word met onder meer petunias, gesiggies en Nama­ kwalandse daisies. Niks kom by Primulas om die winter “blues” weg te dryf nie. Die voordeel hier is dat hulle hulself sal saai en volgende jaar weer opkom. Probeer om die ryp af te spuit voor sonsopkoms. Dit verhoed die ergste skade aan die tuin. Moet ook nie die tuin in die namiddag natmaak nie, aangesien enige water na sonsondergang sal vries, veral as ons temperature na benede 1 graad daal. Onthou om u hele tuin te bemes om seker te maak al die plante is gereed om die lente in te gaan. Probeer om nie die blare uit jou beddings te verwyder nie, aangesien dit ook help om jou plante teen ons bitter koue winters te beskerm. Geniet die winterseisoen en bly organies! WEN EEN VAN TWEE HANNON GESKENKPAKKE Die HANNON Intense Hydrating Mois- turiser tesame met die Hannon Rehydrating Moisture Mask is ’n vog- en energieopwekker ideaal vir droë, gedehidreerde, skilferagtige velle of enigiemand wat sukkel met ’n dowwe gelaat. Gebruik die Hydrating Moisture Mask tot twee keer ’n week, wat die vel opmerklik meer uitgeplomp en met ‘n pragtige glans laat. Die Intense Hydrating Moisturiser is ’n baie ryk vogroom vir uiters droë en gedehi­ dreerde veltipes, veral as jy in ’n baie droë kli­ maatstreek bly. Gebruik die Intense Hydrating Moisturiser soggens en saans. Jou vel behou ’n langdurige glans en voel soepel en bevogtig. SMS Senwes, Hannon en jou naam, tele- foonnommer en e-posadres na 31 022 voor 31 Julie 2017 om ’n kans te staan om een van twee geskenkpakke van HANNON Intense Hydrating Moisturiser en Hannon Rehydrating Moisture Mask ter waarde van R655 elk te wen. Standaard sms-tariewe geld en geen werknemers van Senwes mag deelneem nie. Vir die volledige kompetisiereëls besoek die webtuiste www.senwes.c o.za. DIE WENNERS VAN DIE VORIGE UITGAWES VAN DIE SENWES SCENARIO IS AS VOLG: (Februarie/Maart 2017): CUM: Joey Delport van Lichtenburg. Hannon: Madelein Oosthuizen van Koppies en Jacoba Boshoff van Bloemfontein. BAIE GELUK! SENWES Scenario • JUN/JUL 2017 55