Senwes Scenario Junie / Julie 2017 | Page 53

••• • • T O E K O MSF O KUS • • Om jouself te ken is die begin van alle wysheid. – Aristoteles delikhede van enige boer wat kompeterend wil bly, met ’n winsgewende besigheid nou en in die toekoms. In ’n bedryf wat gedifinieer word deur innovasie en ontwikkeling, kan ’n mens dit nie bekostig om nie deel te wees van die wedren nie, om rond te skarrel in die skroot van jou eie selfbejammering nie - jy kan ook nie sonder ’n roeispaan en ’n roer die river af vaar nie. NEE! Aristoteles het gesê: ‘Om jouself te ken is die begin van alle wysheid.’ Begin met self-waarneming en introspeksie. Kan jy die onseker­ heid hanteer? Is jou emosies ge­ balanseerd en hoe hanteer jy ons huidige stormagtige en onsekere politieke klimaat? Is jy bereid om vir die toekoms te beplan onder hierdie omstandighede? Is jy bereid om die golf van ons jong en dikwels falende demokrasie te ry? Jy MOET jouself al hierdie vrae afvra want, as jy dit nie doen nie, sal jy nooit effektief vir jou besigheid kan beplan nie. Jy sal vir altyd wag om aangepor te word of vir ’n deur om oop te maak. Dit weerspreek ook die aanvaarde idee dat alle besighede ten minste ’n 5-jaar of 10-jaar plan moet hê om suksesvol te wees. Jy kan dit nie bekostig om van maand tot maand of selfs een of twee jaar vooruit te beplan nie. As jy vir die hier en nou alleen beplan, is jou visie nie groot genoeg nie en sal jy min geleentheid vir groei en uitbreiding hê. Niks sal verander nie... dit sal net voortsleep op ’n gladde paadjie na algehele misluk­ king. As jy egter sou besluit om wel die golwe die toekoms in te ry, moet jy dit met moed en passie en vasberadenheid doen. Wees die beste wat jy moontlik kan wees terwyl jy ’n besigheid ontwikkel waarop jy trots is - en een wat likied is en geld maak. Kyk krities na jou besigheid. Dink oor wat jy vir jouself en jou gesin wil hê in terme van voorsiening, oorweeg dan wat jou besigheid moet voorsien van dit wat jy wil hê. As jou besigheid nie in jou behoeftes en begeertes kan voor­ sien nie, het jy ernstige strategiese beplanning om te doen. STRATEGIESE BEPLANNING! Om effektief te beplan, moet jy begin met ’n BEGROTING. Wees realisties en lys alles in terme van bates - fisies, materieel en emosioneel. Visualiseer jou skuld, jou bankbalanse en jou oortrokke rekeninge. Bereken die verhou­ ding van jou bates tot jou laste. Bereken jou huidige finansiële behoeftes, alles! Neem tyd om dit te doen sodat jy die mees akkurate beeld van jou huidige besigheids­ posisie op die tafel het. Dit dien geen doel om iets van jouself weg te steek nie. As alles eers op die tafel is, kan jy jou strategie begin beplan. Besigheidsbeplanning word nie net binne ’n dag gedoen nie. Jy het tyd nodig om te dink, wees kreatief, ontwikkel hipotetiese scenario’s in jou kop (en op pa­­ pier). Stel vooruitskattings op en maak seker dat jy konserwatief en objektief in die proses is. Vergelyk idees en gedagtes. Praat met ’n vertroueling of ’n mentor en gebruik hulle as klankbord. Meer belang­rik, verwyder alle sentiment uit jou besluitnemingsproses en dink nuut. Dr Daleen Smal, in haar boek The Art of Money, sê ‘Jy moet jou gedagtes, jou gevoelens en jou aksies belyn met die resul­ tate wat jy verlang’. Beplanning in onseker tye is baie moeilik. Maar dit moet nooit keer dat ons beplan nie. Ek hoor toene­ mend dat boere en besigheids­ men­se dinge sê soos “Ons sal sien wat volgende jaar gebeur, na die verkiesing”, “Ek gaan nie nou belê nie want ek is nie seker van die mark nie”, “Ek sal ’n besluit neem na volgende jaar se begro­ tingstoespraak” - Ja, natuurlik mag jy versigtig wees. Maar as jy besluit jy wil besigheid in Afrika doen, dan moet jy besigheid in Afrika DOEN! Moenie op eiers loop en wag vir die volgende neerdruk­ kende Staatsrede of uitspraak van ’n ekstremistiese aktivis of politi­ kus wat stemme soek nie. As jy besluit om die golf te ry, verbind jouself daartoe, hou styf vas en wees voorbereid vir die oppe en affe, die draaie en swaaie want dit, liewe leser, is gewaar­ borg wanneer jy in Afrika bly en besigheid doen. Maar, soos ons weet, met groot risiko kom groot beloning, AS JY EFFEKTIEF BEPLAN en jou besigheid slim bestuur. Sun Tzu, die beroemde Chinese militêre generaal, strateeg en filosoof, het gesê, ‘As jy die vyand ken en jy ken jouself, hoef jy nie die uitkoms van ’n honderd veldslae te vrees nie. As jy jouself ken maar nie die vyand nie, sal jy vir elke oorwinning ook ’n nederlaag ly. As jy nie jouself of die vyand ken nie, sal jy in elke veldslag ’n nederlaag ly.' Wanneer jy beplan moet jy jouself en jou omgewing ken en daarvolgens optree - dan het jy die beste moontlike kans op langtermyn­ sukses in jou besigheid. SENWES Scenario • JUN/JUL 2017 51