Senwes Scenario Junie / Julie 2017 | Page 49

••• • • KO L SK O O T • • Jagfiks? JAN-LODEWYK SERFONTEIN VOOR 'N JAGUITSTAPPIE GAAN SIT ONS BY 'N SEMENTTAFEL EN SKIET OOR 'N SANDSAK. SODRA JOU GEWEER 'N PAAR SKOTE NABY AAN MEKAAR SKIET, IS JY REG OM TE GAAN JAG, OF HOE? I s dit nie wat meeste van ons al gedoen het voor ’n jag nie? As gevolg van verskeie redes kan ons nie genoeg in die jagveld uitkom nie. Daarom is die paar keer per jaar wat jy in die jagveld is, kosbare tyd. Wil jy regtig jou tyd gebruik om agter mis skote en gekweste bokke aan te stap? Is dit nie beter om meer tyd aan oefe­ ning te spandeer wat jou kan help om ’n goeie skoot te skiet nie? In Suid-Afrika is daar ’n paar maniere van jag. In die Bosveld stap en jag ons meestal. In die Karoo behoort jy meestal voorsit­ jag te doen en in die oop vlaktes van die Vrystaat behoort ons meestal van ’n bakkie af te skiet. ’n Beter voorstel vir jou jaguitstap­ pievoorbereiding sal wees om te oefen soos wat jy gaan jag. Skiet jou geweer in van die bakkie se dak af. Of gaan sit in jou voor­ sitstoel en kyk tot hoe ver kan jy ’n springbok doodskiet. Vat jou skietstokke en probeer ’n rooi­ bok teiken raakskiet. Indien ons net ons gewere instel soos wat ons moontlik gaan skiet, sal dit ons alreeds baie help om die jag makliker te maak. Kom ons kyk na ekstra “oefeninge” wat ons kan doen voor ons gaan jag. Jagsituasies in die veld: daar is hoofsaaklik vier posisies waaruit jy kan skiet. Kom ons kyk na die posisies en hoe ek die skootplasing uit die posisie uit kan verbeter. LÊPOSISIE Om in die veld te lê en jag is nie iets wat hom aldag voordoen nie. Maar indien jy kan lê, is dit die stewigste posisie om vanuit te skiet. Maar dit is steeds ’n posisie wat geoefen moet word. Het jou geweer ’n tweepoot op wat jy kan gebruik, of gaan jy net die geweer­ band om jou arms draai en op jou elmboog lê? Belangrik is om te oefen en te kyk hoe ver jy ’n bok uit die posisie uit kan raak skiet. SITPOSISIE Vir die sit-, kniel- en staanposisie is dit belangrik om 'n ondersteu­ ning te probeer gebruik. Indien jy ’n stapstok saam met jou dra, kan jy dit gebruik om die geweer stil te hou. Indien jy ’n boom wil ge­bruik, dink hoe gaan jy die geweer teen die stam druk. Gaan jy links of regs verby die stam mik? Die sitposisie is ook relatief stabiel, maar is ’n moeilike posisie om goed te bemeester. KNIELPOSISIE Alhoewel ’n gemsbokjag in die Kalahari sekerlik vanaf die bakkie sal plaasvind, moet die kniel- en staanposisie nie as onnodig beskou word vir gemsbokjag nie. Indien jy ’n longskoot skiet en die gems­ bok wikkel sy agterstewe diep in ’n bos in, waar die voertuig nie kan uitkom nie, is daar ongelukkig net een manier om hom dood te skiet - afklim, nader stap en 'n skoot te skiet uit die kniel- of staanposisie. Het jy 'n stapstok op die bakkie om jou te help stilstaan met dié soort van skoot? Of klop jou hart so vinnig dat die kruishaar oor die hele bok se kop rondbeweeg? Weereens moet die knielposisie geoefen word op die baan voor jy gaan jag. STAANPOSISIE Die posisie wat moontlik die meeste geruik word in die Bosveld, is ongelukkig ook die moeilikste posisie, maar sekerlik die belangrikste een. Êrens in jou jagjare gaan dit nodig wees om ’n bok ’n tweede skoot van naby af te skiet. En vir die skoot het jy nie tyd om te sit, of ’n boom te soek vir ondersteuning nie. Gaan probeer gerus die staanposisie op die baan. Kyk hoe naby jy aan ’n teiken moet kom om dit raak te skiet uit dié posisie uit. Maar dalk nog meer belangrik, is waar my geweer gaan skiet op 30m as ek op 200m ingestel het? Gaan hy hoog of laag tref? Sal ek hom lank genoeg kan stilhou om die skoot af te trek? Met al die skietoefening is die idee sekerlik om jou skietvernuf te verbeter. Maar eerstens sal die skietoefening ons leer wat ons kan doen in die jagveld. Hopelik sal ons dan beter weet of ons ’n spesi­ fieke skoot kan skiet, of nie. SENWES Scenario • JUN/JUL 2017 47