Senwes Scenario Junie / Julie 2017 | Page 48

•••• D RUPP E LS OP DI E DA K > VERVOLG VAN BLADSY 45 Die Suid-Afrikaanse Weerburo dui in hul reënvalkaart (regs) van Suid-Afrika aan dat die grootste deel van die somer­ reënvalgebied bo-gemiddelde reënval ontvang het. Daar is veral dele van die Noordwes provinsie waar ver bo-gemid­ delde reënvalsyfers gemeet is. Dit is duidelik dat die Oos- en Wes-Kaap ver onder gemiddelde reënval die afgelope 10 maande ontvang het. DIE STAND VAN DIE INDIKATORE VIR DIE RES VAN DIE 2016/2017 SEISOEN: Die SOI is besig om te daal, wat ’n aan­ duiding is dat ’n El Niño-tipe seisoen verwag kan word. Dit is egter te vroeg om met sekerheid te sê of ’n El Niño- tipe seisoen ’n realiteit gaan wees. Ons behoort vanaf September/Oktober van­ jaar met ’n groter mate van sekerheid te kan sê wat gaan realiseer. Daar word gewoonlik 6 uit 10 El Niño-jare wat ervaar word, onder gemiddelde oeste gerealiseer. Die seetemperature is wel besig om in die NINO 3-4 gebied te styg, wat die vermoede van ’n El Niño die komende seisoen versterk. Die Suid-Afrikaanse Weerburo dui in hul nuutste Seasonal Climate Watch aan dat bo-gemiddelde reënval vir die periode Junie tot Augustus 2017 voorspel word. OPSOMMING EN GEVOLGTREKKING ’n Baie voorspoedige seisoen wat klimaat en gewasproduksie aanbetref is die afgelope seisoen ervaar. Die El Niño spook is weer besig om op die horison te verskyn. Die oordragvogsituasie van die meeste gebiede in die somerreënvalgebied lyk heel belowend, wat die effek van ’n verwagte El Niño kan versag. VERWAGTE REENVAL VIR DIE PERIODE MEI TOT SEPTEMBER 2017 (Suid-Afrikaanse Weerdiens) 46 JUN/JUL 2017 • SENWES Scenario