Senwes Scenario Junie / Julie 2017 | Page 45

••• • • G R A A N MA R K V O O R UI T SIGT E • • Prysdrywers in die plaaslike graan- en oliesademarkte Die kaart regs dui die grondvog­ toestande in die VSA aan. Te veel reën is tans eerder ’n probleem as te min reën. Dit as sulks plaas groot druk op die Ameri­ kaanse mielieprys. Grafiek 3. Light sweet ru-olieprys/vat (Reuters). Energiepryse Soos bekend gebruik die Ameri­ kaners ongeveer 35% van hul totale mielieoes om etanol te pro­ duseer. Die verbruik is 44% van hul plaaslike verbruik. Uitvoere is dan uitgesluit. Die Internasionale ru-olieprys het redelik teruggesak, wat op sy beurt negatief inwerk op etanolpryse. Teen die huidige prysvlakke van Amerikaanse mie­ lies maak sewe van die grootste etanolaanlegte in die VSA ’n bruto marge van tussen $0.24 en $0.43 per skepel. Dit is maar ’n geringe marge en dit gaan waarskynlik die mielieprysbeweging redelik beperk. Wit- en geelmielieprystendense op die Suid-Afrikaanse beurs Met die derde oesskatting van die Nasionale Oesskattings Komitee (NOK) vir hierdie seisoen blyk dit dat die tweede grootste oes in die Suid-Afrikaanse geskiedenis gaan realiseer. Die kanse is ook groot dat die skatting nog hoër aange­ pas kan word. Dit bring mee dat volgens die berekeninge van die National Agricultural Marketing Council (NAMC), daar ’n uit­ voerbare surplus van ongeveer 1,3 miljoen ton witmielies en 1,2 miljoen ton geelmielies gaan wees. Om hierdie rede verhandel die wit- en geelmielieprys tans in die omgewing van die berekende uitvoerpariteit. Die verskil tussen die berekende in- en uitvoerpari­ teit kan tot R2 300 per ton wees afhangend van waar in- en uit­ gevoer word. Die berekende uitvoerpariteit van witmielies is met die skrywe van die artikel ongeveer R100 per ton laer as die JSE kontantprys. Uitvoere sal waarskynlik nog suk­ kel om op dreef te kom, tot tyd en wyl die JSE prys nader aan die berekende uitvoerpariteit beweeg. > VERVOLG OP BLADSY 44 Tabel 1: Die berekende uitvoerpariteite van Suid-Afrikaanse witmielies na Suid-Oos Asië. Mielie-oorsprong: Randfontein Vragkoste v oordeel Leweringspunt: Suid-Oos Asië Basis CBT na FOB($/t) USA-$11 Datum: 10 Mei 2017 Kwaliteit premie: $22 $5 VSA CBT geelmielieprys ($/bu) Wisselkoers R/$ 3,40 3,50 3,60 3,70 3,80 4,00 4,20 4,40 12,50 R1 536 R1 585 R1 635 R1 684 R1 733 R1 831 R1 930 R2 028 12,75 R1 579 R1 629 R1 679 R1 729 R1 779 R1 880 R1 980 R2 081 13,00 R1 621 R1 672 R1 724 R1 775 R1 826 R1 928 R2 031 R2 133 13,25 R1 664 R1 716 R1 768 R1 820 R1 873 R1 977 R2 081 R2 186 13,50 R1 706 R1 760 R1 813 R1 866 R1 919 R2 025 R2 132 R2 238 14,00 R1 792 R1 847 R1 902 R1 957 R2 012 R2 122 R2 233 R2 343 14,50 R1 877 R1 934 R1 991 R2 048 R2 105 R2 219 R2 333 R2 448 SENWES Scenario • JUN/JUL 2017 43