Senwes Scenario Junie / Julie 2017 | Page 43

•••••••
RUBRIEK •••
Grafiek 1 . Fibonacci-Terugtrekking
BRON : SAAMGESTEL DEUR OUTEUR .
Grafiek 2 . Fibonacci-Projeksie
die mark ook verskeie kere ondersteuning gevind het op 38.2 % ( Punt F – Punt H ). Hieruit kan gesien word dat markpryse geneig is om rondom Fibonacci-vlakke te beweeg . Dus kan moontlike ondersteunings- en weerstandsvlakke bepaal word .
In die geval waar ’ n aanvanklike tendens ( hoog en laag ) bepaal is , met pryse wat regstellings gemaak het , is dit verder moontlik om ondersteunings- of weerstandsvlakke te bepaal vir ’ n voortsetting van die aanvanklike tendens . Grafiek 2 illustreer ’ n aanvanklike afwaartse tendens , waarna ’ n tydelike regstelling plaasgevind het . Deur Fibonacci te gebruik , kon bepaal word dat moontlike ondersteuning gevind kan word by die 23.6 %, waarna 38.2 %, 61.8 %, ens ., as ondersteuning dien in dien
BRON : SAAMGESTEL DEUR OUTEUR .
bogenoemde vlakke nie hou nie . Punt A – Punt C ( Fibonaccivlakke 23.6 %, 38.2 %, en 61.8 %) in Grafiek 2 dui op pryse wat aanvanklik ondersteuning gekry het , maar nie volgehou kon word nie . Pryse het finale ondersteuning op Punt D ( Fibonacci-vlak 161.8 %) gevind . In hierdie geval vorm pryse dus ’ n nuwe beduidende laag en word die Fibonaccianalise aangepas om sodoende meer akkurate Fibonacci-vlakke te bepaal .
SLOT Deur slegs ’ n redelike begrip te hê van die bostaande inligting , is u reeds ’ n stappie voor die res . Dit is voordelig om tegniese analise met fundamentele analise te kombineer om sodoende die beste moontlike besluit te kan neem ,
aangesien ’ n breek deur ’ n langer termyn ondersteunings- of weerstandslyn gewoonlik gekoppel kan word aan fundamentele vraag- en aanbodfaktore wat verander .
Tegniese prysgrafieke bied analiste die geleentheid om die verhouding tussen vraag en aanbod visueel voor te stel en kan moontlike veranderings in hierdie verhouding deur verskeie prysformasies aangedui word . Met ondersteunings- en weerstandslyne as basis , bestaan verskeie formasies en tegniese indikatore wat geanaliseer kan word om moontlike koop- en verkoopseine te genereer . Die komende artikels fokus op die interpretasie van verskeie formasies en tegniese indikatore .
Vir meer inligting of om kompeterende opsiepryse op ’ n groot verskeidenheid kommoditeite te bekom , skakel gerus vir Susari Geldenhuys by 018 464 7430 of 072 116 9999 of e-pos haar by Susari . Geldenhuys @ senwes . co . za .
SENWES Scenario • JUN / JUL 2017 41