Senwes Scenario Junie / Julie 2017 | Page 34

•••• NEW S Senwesters by GOSA 2017! Agter is Cornelius du Plessis (Silobestuurder Enselspruit), Braam Prinsloo (Silobestuurder Allanridge), Pieter Malan (Bestuurshoof Grainlink), Nico Els (Silobestuurder Hennenman), Hardé Lochenberg (Silobestuurder Hartbeesfontein), Gammat Davids (Silobestuurder Theunissen), Johan van der Berg (Silobestuurder Geneva), Barend Botha (Silobestuurder Magogong), Pieter Theron (Silobestuurder Potchefstroom), Giovanni Marais (Silobestuurder Raathsvlei) en Renier Vermaak (Hoof Beroking). Voor is Dries Fourie (Silobestuurder Jan Kempdorp), Carel Scheepers (Streeksbestuurder streek 2), Graham Lottering (Bedryfsbestuurder), Jenny Harmzen (Divisionele Hoof Finansies Grainlink), Mariana Beytell (Admin Assistent Graanhantering), Marietjie Grobler (Projekbestuurder), Tido Grimbeeck (Silobestuurder Bothaville), Ronnie Ladeira (Streeksbestuurder streek 1) en Gideon Ralepeli (Kontrakbestuurder). > VERVOLG VAN BLADSY 31 & Shipping. Hy het statistiek en tendense aan­ gaande die in- en uitvoer van graankommoditei­ te bespreek, asook die uitdagings wat met die bedryf gepaard gaan. Wêreldwyd sluit dit onder andere in natuurtoestande wat vraag en aanbod beïnvloed, infrastruktuur, gesondheidsprosedures by hawens, fitosanitêre vereistes, invoertariewe en die Amerikaanse kommandowurm. Daar is met groot verwagting uitgesien na die aanbieding van die Carte Blanche aanbieder, Derek Watts. Hy het kortliks sy lewensverhaal vertel en toe verwys na ’n paar bekende onder­ soeke, onder andere na digitale verslawing, plaas­ aanvalle en vragmotorrooftogte, wat graandiefstal insluit. Sy raad aan afgevaardigdes was om ’n behoorlike nuusfilter te ontwikkel. Die president van die Suider-Afrikaanse Konfederasie van Landbou-unies (SACAU) het sy uitgebreide ervaring met betrekking tot geor­ ganiseerde landbou in Afrika benut om die uit­ dagings op die kontinent toe te lig. Volgens Dr Theo de Jager het Afrika alles wat geld nie kan koop nie naamlik grond, goeie klimaat, water en die mense om te boer. Afrika het egter nie die voedselwaardekettings, finansiering, tegnologie en kundigheid om suksesvol te boer nie en hy bid dat die geld weldra voorgeskiet sal word om dit te ontgin. Kwessies wat voedselsekerheid in Suidelike-Afrika beïnvloed sluit in grondeise, hoë insetkoste, korrupsie, handelsooreenkomste, grensbeheer, wetgewing, eiendomsreg en die beskikbaarheid van finansiering. Hy waarsku teen die armoedestrik van boerdery op klein skaal en bevestig dat die tyd ryp is om die 46% onderbe­ nutte grond in Afrika te ontgin. 32 JUN/JUL 2017 • SENWES Scenario