Senwes Scenario Junie / Julie 2017 | Page 30

•••• NUUS Senwes en Agri SA loods Smart Agri-Risikobestuursplatform ELKE BESIGHEID, INSTANSIE OF ORGANISASIE HANTEER EEN OF ANDER VORM VAN RISIKOBESTUUR, BEWUS- TELIK OF ONBEWUSTELIK, WANNEER DAAGLIKSE BESLUITE GENEEM WORD. DIE LANDBOUBEDRYF VERSKIL OOK NIE EN DIT IS VERAL DIE GEVAL MET DIE BOER EN PRIMÊRE PRO- DUSENT. AUBREY KRUGER D anksy die befondsing wat deur Senwes verskaf is, het Agri SA die Smart Agri- Risikobestuursplatform by die 2017 Nampo Oesdag geloods met die doel om sleutelrisiko’s binne die bedryf proaktief te identifiseer en te mitigeer. HOEKOM IS DIT GELOODS? Senwes en Agri SA is van mening dat die benadering tot risiko­ bestuur geherevalueer moet word. Rampbestuur was ’n goed-ontwik­ kelde area binne Tesourie, maar verlede jaar se droogte-insident het bevestig dat die proses intussen ontoereikend en steriel geword het. DIE VERSAMELING VAN INLIGTING HET DIE VOLGENDE BEWYS: • Navorsing oor die totale risiko­ profiel van landbou as hoof­ doelstelling, is uiters belangrik; • ’n Multi-dissiplinêre benade­ring tot risikobestuur word benodig; • Die verhogende koste van droogtebystand in geïndus­ tria­­liseerde lande het ’n beleidsverandering vanaf noodsubsidies na langtermyn­ selfstandigheid van landelike Omri van Zyl (HUB van AgriSA), Johannes Moller (President van AgriSA), Danie Minnaar (Senwes Voorsitter) en Francois Strydom (Senwes Groep HUB) gedurende die ondertekening om die Smart Agri-Risikobestuursplatform te vestig. Die bekendmaking was op 17 Mei 2017 tydens die Nampo Oesfees by Nampo Park naby Bothaville. 28 JUN/JUL 2017 • SENWES Scenario gemeenskappe tot gevolg gehad; • Die moderne denkwyse met betrekking tot risikobestuur blyk te fokus op die integrasie van risiko-evaluering, -verla­ ging, -mitigering, -reaksie en -herstel ten opsigte van die breër landbousektor; en • Daar word aanvaar dat land­ bourisikobestuur daarop gemik is om die waarskynlikheid te verhoog dat ’n huishouding, gemeenskap, stad of enige ander gebied in staat sal wees om verliese wat voortvloei uit ’n gevaar of ander bedreiging, suksesvol te weerstaan of daar­ van te herstel. NAVORSING WAT UIT HIERDIE PROJEK VLOEI, SAL OP DIE VOLGENDE GEMIK WEES: • Verseker permanente besker­ ming teen of verlaging van die intensiteit van risiko’s; • Minimaliseer die ernstigheids­ graad van risikogevolge; • Berei die sektor voor om toe­ paslik te reageer tydens en na die realisering van ’n risiko; • Verlig swaarkry en voorsien in basiese behoeftes; • Verhoog die mededingendheid van die voedselsektor relatief tot die internasionale wêreld. Die projek sal bystand verleen met enige strategieë wat benodig mag word om die landbougemeenskap, regering en ander belanghebben­ des en rolspelers by te staan na die realisering van ’n risiko, ten einde die vlak van funksioner­ ing voor die risiko, te herstel. Ten einde daarin te slaag, sal die