Senwes Scenario Junie / Julie 2017 | Page 29

HA N D E L SN UUS ••• ••• • • • • WERKSWINKELBESTUURDER: KOPPIES Corné Coetzee ’n man van aksie VISVANG MAG HOM DALK NA KOPPIES GELOK HET, MAAR DIT IS DIE SENWES WERKSWIN- KEL WAT HOM HIER BY KOPPIES GEVESTIG HOU. AUBREY KRUGER S enwes se werkswinkelbestuur­ der by Koppies, Corné Coetzee, is nou skaars ’n jaar in die pos en hy maak klaar ’n verskil hier. Corné se doelwit is om die tak weer terug te bring na sy voorma­ lige glorie van ’n paar jaar gelede. Sy mikpunt is om die werkswinkel so te verbeter dat dit weer op 'n vlak moet kom waar daar talle trekkertegnici in die veld is. PRODUSENTE Hy is ’n man van aksie en het eerstens met die produsente in die Koppies en Heilbron omgewing begin gesels om te hoor waar hy hulle van diens kan wees. Dan hou hy ook sy vinger op die pols wanneer hy saam met sy span die produsente besoek, om sodoende eerstehands te ervaar wat hulle impak in die veld is. Met ’n hele paar mededingers in die dorp is een van Corné se doelwitte spoedige en deeglike diens op ’n deurlopende basis te verskaf en die mededingers so uit te oorlê. Dan vertel hy dat nuwe trekkerverkope ook die werkswinkel baie positief bystaan met waarborge, ensovoorts, en die verkoops- en dienspersoneel lewer uitstekende diens in Koppies. SY SPAN Volgens Corné het hy ook ’n ongelooflike span, met Daan Hattingh en Wikus Gomes as trekkertegnici, Samuel Mkwananzi en Elias Sobea as assistente en vakleerling Victor Mthokwane. Hy glo in sy span en lei hulle deur ferm te wees en almal oor dieself­ de kam te skeer. “Ek verwag net elkeen se heel beste. Dit is goed genoeg vir my,” sê Corné. ONDERVINDING Dié werkswinkelbestuurder het ook ’n magdom ervaring in die bedryf, aangesien hy eers ’n motorwerktuigkundige by Toyota was. Hy het selfs sy vak­ leerlingskap daar gedoen en was vanaf 2006 tot 2011 daar werk­ saam. Van 2011 tot 2014 was hy ’n motorwerktuig­kundige by Vo lkswagen, voor hy in Oktober 2014 by Senwes aangesluit het en vir die afgelope jaar die werkswin­ kelbestuurder by Koppies is. Meer oor Corné is dat hy in Vanderbijlpark gebore is. Hy het in Bethlehem grootgeword, waar hy Graanveld Primêre Skool en Voortrekker Hoërskool bygewoon het, voordat hy na Kroonstad Hoërskool is, waar hy in 2005 gematrikuleer het. SENWES Scenario • JUN/JUL 2017 27