••••
VERHOUDINGSBESTUURDER KOPPIES
HA N D E LSN U U S
Steve Kinghorn is senter tot die
produsent se sukses
OM TE SÊ STEVE KINGHORN IS IN DIE MIDDEL
OFTEWEL ‘SENTER’ VAN ALLES, IS WAAR OP MEER AS
NET EEN WYSE.
AUBREY KRUGER
O
m te begin, dié 59-jarige
is 15 jaar gelede as
kliënteadviseur by Senwes aang
estel. Die pos het intussen al
verskeie naamsveranderinge
ondergaan. Sy loopbaan het as
kredietinspekteur by Kroonstadtak
begin. Die posbenaming is later na
kliënteadviseur verander. In 2004
word hy verhoudingsbestuurder
by die Paryssentrum, met Parys,
Heilbron, Sasolburg, Koppies en
Vereeniging wat hy hanteer het.
In 2005 word hy insetbemarker in
dieselfde gebied, met slegs Parys
wat weggeval het.
Steve het jare se ondervinding
en was 25 jaar by die Landbank
en ook vanaf 2008 tot 2010 by
Vrystaat Mielies werksaam.
Vanaf 2010 is hy weer ver
houdingsbestuurder by Senwes
waar hy tot nou dié posisie beklee.
VIER STREKE
Wat sy werk aanbetref, hanteer
Steve vier streke, terwyl baie ander
net een of twee streke hanteer.
Steve som homself op as ’n mense-
mens. En met sy geskiedenis kan
jy verseker weet dat hy “daarvan
hou om ’n pad met my klante te
stap.”
Hy glo met sy hele wese dat
“daar is nie ’n ding soos ’n pro
bleem sonder ’n oplossing. As
daar ’n probleem is, moet ons dit
oplos. Dit is wat ek doen en ek
24
hou verskriklik baie daarvan. Dit
is die lekkerste,” sê Steve passievol.
WERKSETIEK
Wat werksetiek betref, is dit om
“My bestaande klantebasis te
behou en nuwes by te kry. Maar
niemand mag afskeep word nie.”
Sy primêre verantwoorde
likheid is om die finansies van die
produsent in plek kry. Dan ook
om insette te verkoop en hulle te
help om die fondse effektief aan
te wend.
Met die droogte nog vars in die
geheue praat hy ook produsente
moed in en hanteer onder andere
uitstelreëlings en reëlings rondom
lenings vir hulle.
SENTER OP DIE RUGBY-MANIER
Die Despatch-gebore Steve het
ook die voorreg gehad om met
die Doring van Despatch, Danie
Gerber, rugby te speel. Die twee
het vier jaar, van standerd sewe,
vir Hoërskool Despatch se eerste
span uitgedraf en ook Cravenweek
gespeel. Dié sportman het ook in
krieket en atletiek uitgeblink.
Na skool het hy sy diensplig
by Pretoria Lugmag voltooi, waar
hy vir die SA Lugmagspan en SA
Magtespan uitdraf en was ook
deel van die Noord-Transvaal o/20
span. Van 1980 tot 1986 speel
hy rugby vir Oos-Vrystaat en ook
selfs platteland krieket vir die Oos-
Vrystaat en OP.
Steve is op 6 April 1958 in
JUN/JUL 2017 • SENWES Scenario
Uitenhage gebore. Vir die ouer
garde is dit toe Jan van Riebeeck
in die Kaap aangekom het, net
306 jaar later. “Ek is maar ’n Jan
van Riebeeck seun,” skerts Steve.
HANTEER ALMAL DIESELFDE
Behandel almal dieselfde - Hy
werk met drie takbestuurders,
Hendrik de Klerk (Koppies),
Wynand Nortjé (Heilbron) en
Gustav Hauptfleisch (Vereeniging)
en tref glad nie onderskeid tussen
hulle. Dit is sy motto en is ook
van toepassing op sy produsente:
“Ek behandel klein boere en groot
boere presies dieselfde. Want
daardie einste klein boer kan ’n
groot boer word!” Op dié manier
het Steve, danksy die genade van
Bo, die titel as Beste Bemarker in
2016 by Hinterland losgeslaan.
“Dit beteken baie vir my”. Hy
gaan ook nie daar stop nie en
hoop dat hy dit weer in die nabye
toekoms sal regkry.
Dié positiewe verhoudings
bestuurder is ook in die middel
van sy familie. Hy is vir 35 jaar
met Babsie getroud, het twee
kinders, Kevin (30) en Darryl (24)
asook een kleinseun, Ruben (5).
Dit is wie Steve is: ’n Positiewe
mens wat glo dat die klant altyd
eerste kom. En hoewel daar ‘n
paar opofferings gemaak word, is
dit wie hy is –“Dit is my brood en
botter.”