Senwes Scenario Junie / Julie 2017 | Page 22

•••• KO L LI G s s i e W n n a m r e H e i s s a p e i d l Dubbe SENWES PRODUSENT, HERMANN WEISS, HET VERSEKER DUBBEL DIE PASSIE IN OMTRENT ALLES WAT HY DOEN! AUBREY KRUGER D it begin eers met ’n dubbel n in sy naam en dubbel s in sy van. Dit maak Hermann dus ’n volbloed Duitser en hy is baie trots op sy Duitse herkoms. Hy vertel dat sy ma en pa nog Duits in hulle huis gepraat het en hy die taal nog kan verstaan. Die Duitse tradisie vir presisie het ook op hom afgevryf en hy streef na ’n al hoër vlak van presisie in alles wat hy aanpak. DUBBELE PASSIES: BOERDERY EN INGENIEURSWESE Die boerdery was eintlik nie Hermann se eerste keuse vir sy toekoms nie. Hy het begin as ’n ingenieur by Sasol. Dit was toe dat sy pa Gerhard hom gevra het om te kies tussen sy die ingenieurs­ pos by Sasol en die boerdery. Die boerdery het gewen en die res is, soos hulle sê, geskiedenis. BOERDERY Hermann boer op die plaas Vlakkuil buite Koppies. Dit is pre­ 20 sies tussen Heilbron en Koppies, sowat 30 km van beide dorpe. Hierdie plaas se geskiedenis dateer terug na 1910. Twee passievolle generasies het voor hom hier ge­boer - sy oupa, Ernst Weiss, was die eerste Weiss op die plaas, gevolg deur sy pa, Gerhard, en daarna hyself. Hermann is veral baie dankbaar vir die paar jaar wat hy saam met sy pa kon boer voordat sy pa en ma oorlede is. Die boerdery word tans op sewe plase bedryf, wat in totaal sowat 4 000 hektaar beslaan, met 2 200 hektaar as saaigrond waar witmielies, geelmielies en sorghum verbou word. Jy moet murg in jou pype hê om in hierdie gebied te boer met ’n reënval van tussen slegs 300 en 500 mm per jaar. Maar hier werk die produsente selektief met die tipe mielies wat hulle aanplant. Met die geenbewerkingsmetode op die goeie turf het hulle ook die plantestand aangepas om boerdery hier lewensvatbaar te maak, met die langtermyngemiddeld wat JUN/JUL 2017 • SENWES Scenario sowat 3.5 tot 4.5 ton per hektaar is. Hermann vertel dat dit interes­ sant is dat, alhoewel Sasolburg slegs 50 km van sy plaas af is soos die kraai vlieg, Sasolburg sowat 200 mm per jaar meer reën ontvang as gevolg van ’n mikro­ klimaat wat daar geskep word. Iets wat hy ook by sy pa geleer het, is dat as die wind só waai dat jy vir Sasol ruik, die kanse vir reën baie goed is. Hermann noem dat die droog­ te van 2014 tot 2016 ’n terugslag vir hulle was. Hy het vir ’n jaar na presisieboerdery oorgeskakel, maar dit was vir die afgelope paar jaar op ys vanweë die droogte en die baie insette wat dit verg. Maar die passievolle Duitse kannie­ doodkarakter kom weer na vore wanneer hulle die proses weer van voor sal begin. Hy plant gewoonlik dieselfde hoeveelheid van die drie gewasse, maar het die afgelope tyd slegs wit- en geelmielies geplant. Hy meen egter dat hy weer sorghum sal aanplant, waarvoor die area