Senwes Scenario Junie / Julie 2017 | Page 18

•••• AREA F OK U S Koppies silo is ’n welbekende baken in Koppies. Van bo af is die uitsig asemrowend en sien jy al die damme in die omgewing asook die prentjiemooi kronkelpad soos dit langs die dorpie verby beweeg. S E I P P KO k r e m y s k a ma ONS AREAFOKUS VAL DIÉ KEER OP DIE VRYSTAATSE DORPIE KOPPIES, WAAR ONS ’N PAAR INTERESSANTHEDE IN DIE DORPIE TEËGE- KOM HET. AUBREY KRUGER K oppies is maar ’n klein dor­ pie, wat sy ontstaan aan ’n spoorwegstasie te danke het. Die dorpie is in 1909 as ’n nederset­ ting verklaar en in 1910 uitgelê en later, in 1926, tot ’n munisipaliteit verklaar. Die dorpsnaam was eers Kopjes, wat afgelei is van die plaas Honingkopjes, waarop die dorp gevestig is. KOPPIES SILO Verseker een van die uitskieters by Koppies is die Senwes silo. Die silo is op 2 September 1976 16 deur JC Heunis, die Minister van Ekonomiese Sake, geopen. Koppies silo het ’n totaal van 18 buise, waarvan 12 van die buise ’n kapasiteit van 5 000 ton het en die ander 6 buise, 1 300 ton elk. Dit bring die totale silokapasiteit van Koppies Silo op 67 800 ton te staan. Senwes silobestuurder by Koppies, Ambrosé Viljoen, vertel dat die silo amper tot op sy volle kapasiteit gevul is gedurende die 2014 oes. Daar word hoofsaaklik witmielies ontvang, maar ook ander gewasse soos geelmielies, sonneblom, soja­bone en sorghum. Ander nabygeleë silo’s in die Koppies omgewing is Rooiwal Silo, wat 13 km ver is, gevolg deur Vredefort, 34 km, Weiveld Silo, 35 km en Heilbron ongeveer 50 km vanaf Koppies. PERSONEEL Twee van sy personeellede het al meer as 14 jaar diens, naamlik Paul Mofokeng (Kontrolebord­ bediener) en Andries Mokoena JUN/JUL 2017 • SENWES Scenario (Algemene Werker). Dan het David Zondwani (Algemene Werker) vyf jaar diens, gevolg deur Silobestuurder Ambrosé Viljoen met drie jaar diens, Algemene Werkers David Moeketsi (drie jaar), Daniel Morallane (2 jaar) en die nuweling David Diboti (Junior Graangradeerder) met een jaar diens. DIE TAK Plaaslikes vertel dat Koppies se eerste Senwes tak in die 1960’s in Kerkstraat geopen is. Die Senwes- gebou, waar ’n meubelwinkel bedryf is, is van ’n Jood genaamd Rozin gekoop. Die gebou is steeds in die dorp met die ou huis waar die takbestuurder gebly het, steeds langsaan. Aan die einde van die sestiger­ jare het die winkel na die nuwe perseel in Noordstraat verskuif, waar ’n ou Joodse sinagoge geleë was. Dit word vandag as die stoor gebruik en as jy mooi kyk, sal jy sien dat die ou fondasies > VERVOLG OP BLADSY 18