Senwes Scenario Junie / Julie 2017 | Page 17

PR O MO SIE -A RT IK E L ••• • • • • voerkraalbeeste en melkkoeie? Veelvuldige toksiene vanaf verskei voerkomponente kan ’n sinergis­ tiese effek hê, wat die negatiewe impak op die dier se prestasie en gesondheid verhoog. Toksiene van muf en swamme, gekombineer met bakteriële toksiene, verhoog die negatiewe gesondheidskwessies beduidend. ONDER NORMALE OMSTANDIGHEDE IS BESMETTING DEUR VEELVULDIGE TOKSIENE WAARSKYNLIK Voerkrale en melkprodusente benut ’n wye verskeidenheid voerbestanddele, en ’n groot deel daarvan sal waarskynlik verskil­ lende mikotoksiene tot die totale gemengde rantsoen (TGR) voeg. Die insluitingskoers van graan, gluten, koringsemels, “chop”, hooi sowel as mieliekuilvoer, sal die mikotoksienbydrae tot die TGR bepaal. Bestuurders en voe­ dingkundiges sal dikwels probeer om die mikotoksienvlakke te beheer deur die insluitingvlakke van bestanddele wat hoog besmet is met mikotoksiene te verminder. Dit kan ’n goeie metode wees, maar talle van die vervangings­ bestanddele kan feitlik dieselfde hoeveelhede mikotoksiene bydra. Mieliekuilvoer is ’n algemene voerbron en kan ’n groot deel van beeste se rantsoen uitmaak. Met verloop van tyd verhoog die miko­ toksieninhoud van gestoorde voere dikwels omdat muf aanhou groei. Kuilvoer kan met oestyd miko­ toksiene en ook mufspore bevat. Hierdie mufspore kan mikotok­ siene produseer in die kuilvoer, aangesien die omgewing die regte temperatuur, vog of suurstofvlak verskaf. Mikotoksiene kan dus tydens die stoorproses vermeerder, en dit gebeur wel. Om die groei van mikotoksiene in kuilvoer te voorkom, moet lug in die kuilvoerbunker so vinnig moonlik uitgesluit word. Dit beteken dat plante teen die regte vogvlakke ingekuil moet word en fyn gekerf moet word (8 – 12mm) vir goeie kompaktering. Die ge­bruik van ’n kuilvoer inokulant/ entstof om fermentasie te versnel en die verseëling van die silo on­mid­dellik nadat dit volgemaak is , is ook uiters belangrik. Nadat die kuilvoer oopgemaak is, moet 200 tot 300 mm van die voorkant (gesigkant) van die kuilvoer daag­ liks verwyder word. Die gebruik van ’n snyer word ook aanbeveel om ’n skoon, lugdigte gesigkant te verseker. Enige bederfde kuilvoer of kuilvoer met muf moet wegge­ gooi word. OPSOMMING Hoewel beeste dalk nie simptome van mikotoksikose (mikotoksien vergiftiging) toon nie, word die beeste se prestasie egter eerstens benadeel. Hierdie verskuilde effek op prestasie is egter van groter ekonomiese belang as mikoto­ sikose. Muf en mikotoksiene moet in gedagte gehou word wanneer enige soort suboptimale prestasie by herkouers aangespreek word. Benewens die direkte negatiewe effek van mikotoksiene, produ­ seer talle muf spesies stowwe met antibiotiese aktiwiteit. Inname van gemufde voer en mikotoksiene verander die grootpens-mikroflora, wat noodsaaklik is vir doeltref­ fende vertering, Bestuurstrategieë wat bloot­ stelling aan en die inname van mikotoksiene voorkom, is altyd die beste weg om te volg. Wanneer produsente vermoed dat daar mikotoksiene aanwesig is, moet voermonsters dadelik getoets word. Wees bewus van die uitwerking van veelvuldige m ikotoksiene, en skerp die bestuur van voerstore, graansilo’s en kuilvoerbunkers op. Sluit ’n geskikte mikotoksien­ deaktiveerder by die voer in en implementeer ’n mikotok­sien- risikobestuursprogram. SENWES Scenario • JUN/JUL 2017 15