Senwes Scenario Junie / Julie 2017 | Page 10

•••• NUUS Rol van landboubesighede > VERVOLG VAN BLADSY 6 om oplossings vir sy klante te gee sodat hulle besighede beter kan wees. UIT DIE PRODUSENT SE OOGPUNT ’n Produsent doen vandag sake met wie ook al op die spesifieke terrein beweeg waar hy sake wil doen. Hy doen sake met wie ook al die beste belanghebbende op daardie spesifieke terrein is. Die produsent kan nie meer bekostig om op ’n sentimentele grondslag sake te doen nie. Natuurlik sal al hierdie belang­ hebbendes verskillende meganis­ mes hê om die produsent se besigheid te bekom. Dit gaan oor hul eie langtermynvisie ten opsigte van die klant. Hoe dien hulle die klant se belang? Bied hulle spesiale lojaliteitsprogramme aan? Hoe belê hulle in hul besigheid om die klant se besigheid te bekom? ’n Hele reeks van hierdie normale kommersiële praktyke lei daartoe dat die produsent uiteindelik met daardie spesifieke besigheid sy sake doen. Natuurlik is dinge soos prys, reeks en diens belangrike aspekte in sy keuse. Senwes het byvoorbeeld in die laaste paar jaar meer as R200 miljoen in die silobesigheid belê. Hier is dit belangrik om in die infrastruktuur te belê en natuurlik is dit die regte ding om te doen. Jy moet ’n bepaalde houding hê. Wat is Senwes se doel? Binne die maatskappy is personeel eintlik die ouens wat die ding maak werk, die feit dat personeel gedryf word deur motivering en nie slegs salaris nie. Daai goed is tydloos. 'n Maatskappy is ’n maatskappy absoluut vir sy klante, maar kop­ pelend hiermee gaan dit ook oor hoe jy die omgewing verander, hoe verander jy lewens en self nog belangriker, hoe verander jy Suid- Afrika.” 8 Landboubesighede staan daar­ om voor ’n groot en belangrike keuse om suiwer te dink oor waarheen hulle op pad is en hoe hulle hul eie doel moet definieer. Die klant wil verseker weet dat die instansie met wie hy sake doen, net in sy belang optree. Maar hoe gereeld moet mens hieroor nadink? “Dit is op ’n minuut-tot-minuut basis. Maar ek sê dan ook daarmee saam dat as jy elke minuut jou doel verander, gaan jy nêrens heen nie. Jy moet deurlopend alles gaan herbesoek.” WAARVOOR SÊ JY NEE? Strategie gaan ten eerste oor waar­ voor jy “nee” moet sê as waarvoor jy “ja” moet sê. Hier is dit belangrik om te weet waarheen jy op pad is. Dit is ook belangrik om nee te sê. Jy moet op jou voete staan en weet wat jy kan doen. Maar dit is meer belangrik om te weet wat jy nie kan doen nie, en om hiervoor nee te sê. Dit is maklik in die lewe om ja te sê. Dit is egter baie moeiliker om nee te sê. Dit is die goed wat jou definieer. Om nee te sê beteken jy JUN/JUL 2017 • SENWES Scenario moet seker wees van die goed wat jy wil bereik. WEES TOEKOMSGERIG Daar moet van die begin af na die toekoms gekyk word. Toe ek in 2010 by Senwes as HUB begin optree het, het ek vir agt maande al die strategieë uitgedaag. Nou werk ons op ’n lopende 10-jaar basis, en elke jaar skuif ons dus 10 jaar vorentoe. Die realiteit is dat besighede al hoe verder die toe­ koms moet inkyk. Vir my gaan dit oor die nalat­ enskap wat ons agterlaat. Ek wil ’n onderneming wat beter is as wat ek gekry het, nalaat. Ek wil mense se lewens verander, ek wil Suid-Afrika verander en daarom is ek bereid om my nek uit te steek, soos byvoorbeeld met Nasie in Gesprek. TER AFSLUITING ’n Goeie maatskappy se strategie is eintlik tydloos. Die metodiek mag oor die jare verskil, maar die feit is dat jy moet kommunikeer met almal wat in voeling is, het eintlik nog nooit verander nie.