•••
• •
T O E K O MSF O KUS • •
Om jouself te ken is die begin van alle wysheid. – Aristoteles
delikhede van enige boer wat
kompeterend wil bly, met ’n
winsgewende besigheid nou en
in die toekoms. In ’n bedryf wat
gedifinieer word deur innovasie
en ontwikkeling, kan ’n mens dit
nie bekostig om nie deel te wees
van die wedren nie, om rond te
skarrel in die skroot van jou eie
selfbejammering nie - jy kan ook
nie sonder ’n roeispaan en ’n roer
die river af vaar nie. NEE!
Aristoteles het gesê: ‘Om jouself te
ken is die begin van alle wysheid.’
Begin met self-waarneming en
introspeksie. Kan jy die onseker
heid hanteer? Is jou emosies ge
balanseerd en hoe hanteer jy ons
huidige stormagtige en onsekere
politieke klimaat? Is jy bereid om
vir die toekoms te beplan onder
hierdie omstandighede? Is jy
bereid om die golf van ons jong
en dikwels falende demokrasie te
ry? Jy MOET jouself al hierdie
vrae afvra want, as jy dit nie doen
nie, sal jy nooit effektief vir jou
besigheid kan beplan nie. Jy sal vir
altyd wag om aangepor te word
of vir ’n deur om oop te maak.
Dit weerspreek ook die aanvaarde
idee dat alle besighede ten minste
’n 5-jaar of 10-jaar plan moet hê
om suksesvol te wees. Jy kan dit
nie bekostig om van maand tot
maand of selfs een of twee jaar
vooruit te beplan nie. As jy vir
die hier en nou alleen beplan, is
jou visie nie groot genoeg nie en
sal jy min geleentheid vir groei en
uitbreiding hê. Niks sal verander
nie... dit sal net voortsleep op ’n
gladde paadjie na algehele misluk
king. As jy egter sou besluit om
wel die golwe die toekoms in te
ry, moet jy dit met moed en passie
en vasberadenheid doen. Wees die
beste wat jy moontlik kan wees
terwyl jy ’n besigheid ontwikkel
waarop jy trots is - en een wat
likied is en geld maak.
Kyk krities na jou besigheid. Dink
oor wat jy vir jouself en jou gesin
wil hê in terme van voorsiening,
oorweeg dan wat jou besigheid
moet voorsien van dit wat jy wil
hê. As jou besigheid nie in jou
behoeftes en begeertes kan voor
sien nie, het jy ernstige strategiese
beplanning om te doen.
STRATEGIESE BEPLANNING!
Om effektief te beplan, moet
jy begin met ’n BEGROTING.
Wees realisties en lys alles in terme
van bates - fisies, materieel en
emosioneel. Visualiseer jou skuld,
jou bankbalanse en jou oortrokke
rekeninge. Bereken die verhou
ding van jou bates tot jou laste.
Bereken jou huidige finansiële
behoeftes, alles! Neem tyd om dit
te doen sodat jy die mees akkurate
beeld van jou huidige besigheids
posisie op die tafel het. Dit dien
geen doel om iets van jouself weg
te steek nie. As alles eers op die
tafel is, kan jy jou strategie begin
beplan.
Besigheidsbeplanning word nie
net binne ’n dag gedoen nie. Jy
het tyd nodig om te dink, wees
kreatief, ontwikkel hipotetiese
scenario’s in jou kop (en op pa
pier). Stel vooruitskattings op en
maak seker dat jy konserwatief en
objektief in die proses is. Vergelyk
idees en gedagtes. Praat met ’n
vertroueling of ’n mentor en
gebruik hulle as klankbord. Meer
belangrik, verwyder alle sentiment
uit jou besluitnemingsproses en
dink nuut. Dr Daleen Smal, in
haar boek The Art of Money, sê ‘Jy
moet jou gedagtes, jou gevoelens
en jou aksies belyn met die resul
tate wat jy verlang’.
Beplanning in onseker tye is baie
moeilik. Maar dit moet nooit keer
dat ons beplan nie. Ek hoor toene
mend dat boere en besigheids
mense dinge sê soos “Ons sal sien
wat volgende jaar gebeur, na die
verkiesing”, “Ek gaan nie nou
belê nie want ek is nie seker van
die mark nie”, “Ek sal ’n besluit
neem na volgende jaar se begro
tingstoespraak” - Ja, natuurlik mag
jy versigtig wees. Maar as jy besluit
jy wil besigheid in Afrika doen,
dan moet jy besigheid in Afrika
DOEN! Moenie op eiers loop en
wag vir die volgende neerdruk
kende Staatsrede of uitspraak van
’n ekstremistiese aktivis of politi
kus wat stemme soek nie.
As jy besluit om die golf te ry,
verbind jouself daartoe, hou styf
vas en wees voorbereid vir die
oppe en affe, die draaie en swaaie
want dit, liewe leser, is gewaar
borg wanneer jy in Afrika bly en
besigheid doen. Maar, soos ons
weet, met groot risiko kom groot
beloning, AS JY EFFEKTIEF
BEPLAN en jou besigheid slim
bestuur. Sun Tzu, die beroemde
Chinese militêre generaal, strateeg
en filosoof, het gesê, ‘As jy die
vyand ken en jy ken jouself, hoef
jy nie die uitkoms van ’n honderd
veldslae te vrees nie. As jy jouself
ken maar nie die vyand nie, sal
jy vir elke oorwinning ook ’n
nederlaag ly. As jy nie jouself of
die vyand ken nie, sal jy in elke
veldslag ’n nederlaag ly.' Wanneer
jy beplan moet jy jouself en jou
omgewing ken en daarvolgens
optree - dan het jy die beste
moontlike kans op langtermyn
sukses in jou besigheid.
SENWES Scenario • JUN/JUL 2017
51