Senwes Scenario Junie / Julie 2017 | Page 47

••• • • D RUPPE L S O P D IE DA K • • Hoe het die seisoen verloop? THYS GROBBELAAR SENIOR GRAANANALIS, SENWES GRAINLINK REËNVALVERLOOP HIERDIE SEISOEN Die 2016/17 seisoen is besig om uit te loop en kan mens nou kyk of die voorspellings wat gemaak is, uiteindelik gerealiseer het. Weerkundiges het ’n La Niña-tipe seisoen voorspel, wat gewoonlik geassosieer word met bo-gemid­ delde reënval vir die seisoen en gewoonlik bo-gemiddelde opbrengste. Dit het almal in die somerreënvalseisoen tot optimisme gestem. Soos die seisoen gevorder het, het dit geblyk dat die seisoen se status besig was om te verander van ’n La Niña-tipe seisoen na ’n neutrale seisoen. Pessimisme is uitgespreek deur baie persone aan­ gesien onder-gemiddelde reënval verwag is. Baie goeie reënvalneer­ slae is gedurende Desember 2016 tot einde Februarie 2017 ontvang en ons gaan waarskynlik die groot­ ste mielieoes in die geskiedenis realiseer. Die grootste gedeelte van die tradisionele Senwes gebied het bo-gemiddelde reënval vir hierdie seisoen ervaar, soos meegaande kaart ook aandui. Reënval in die Suidwes-Vrystaat was egter laer as normaal. Dit het die implikasie dat daar weer klei­ ner oppervlaktes onder droëland­ koring gaan realiseer. Daar is net nie genoeg plantreën ontvang nie. Produsente het wel aangedui dat hulle koring op hulle oorlêlande in die sentrale gedeelte van die DIE KUMULATIEWE REËNVAL VIR DIE PERIODE 1 JULIE TOT 30 APRIL 2017 AS % VAN DIE LANGTERMYN REËNVAL Grafiek 1. 'n Vergelyking tussen die gemiddelde reënval van die 2015/16, die 2016/17, asook die langtermyn reënval vir die Senwes-gebied. Senwes gebied gaan plant. Grafiek 1 dui die reënval vir hierdie seisoen in vergelyking met die vorige droogteseisoen en die langtermynreënval per maand en kumulatief aan. Die langtermyn gemiddelde reënval vir die tradisionele Senwes gebied is 556 mm per seisoen. Hierdie seisoen se kumulatiewe reënval is 701 mm. Die goeie verspreiding tydens die aktiewe groeiproses van die somergewasse het aanleiding tot die groot verwagte oes gegee. > VERVOLG OP BLADSY 46 SENWES Scenario • JUN/JUL 2017 45