Senwes Scenario Junie / Julie 2016 | Page 9

A R E A F O K US ••• Die Senwes Village Hinterland tak in Bultfontein is al amper 26 jaar oud nadat dit op 9 November 1990 geopen is. wing, met onder ander Brangusse, Friese, Holsteins, Bonsmaras, Simentallers, Herefords, Braffords en Limousines, om net ’n paar op te noem. Dan is daar ook baie wolprodusente in die omgewing wat met vleisen wolmerino’s boer. Daar is al tot soveel as 180 000 kg wol in ’n seisoen geproduseer. ’n Nuwe tendens is merino’s en lusern. Dan is daar ook baie produsente wat klein wildskampies oprig met onder andere vlaktewild, swartwitpense, buffels en selfs leeus. BEKENDES VAN HIERDIE AREA Bekendes uit Bultfontein is mense soos oud-polisiekommissaris George Fivaz en sy tweede in beheer, Mike Bester. Dan ook die groot sakeman van Toyota en McCarthy, Brand Pretorius. Hier is ook ‘n hele paar uitstekende sportmanne in verskeie sportsoorte, wat selfs skyfskiet, kragoptel en saalperde insluit. HOËRSKOOL BULTFONTEIN Oral waar jy gaan vertel almal dat een van die uitvoerprodukte van Bultfontein die skool is. Die skoolhoof van Hoërskool Bultfontein, Jaco Kotze, vertel dat dit sekerlik is omdat die skool vir die afgelope 15 jaar 'n 100% matriekslaagsyfer het en jaar-op-jaar onder die bestes in die Vrystaat tel. Die skool is reeds in 1881 gestig en die skoolgebou is ook een van die uniekhede op die dorp. BULTFONTEIN DISTRIKSLANDBOU Die voorsitter van Bultfontein Distrikslandbou, Herman Meiring, vertel dat hulle sowat 170 lede het met twee studiegroep naamlik Grootpan en Midde-in. Daar is ook ’n aktiewe jaggemeenskap met die Cheetah Jagtersvereniging. Bultfontein beskik verder ook oor ses voerkrale, asook baie privaat meulens. > VERVOLG OP BLADSY 9 Die eerste landdrosgebou is in 1951 gebou. Trekker op trekker in die 1980’s met baie produsente wat wag om hulle graan by Bultfontein silo te lewer. SENWES Scenario • JUN/JUL 2016 7