Senwes Scenario Junie / Julie 2016 | Page 7

HO O F A R T IKE L Watertekorte ••• behaal krisisvlakke in Tswelopele-gebied Grainovation verskaf die vervoer van die bale en droogtepille na die droogtegeteisterde dorpe, Hoopstad en Bultfontein. tenks van 130 000 en 90 000 liter deur die gemeenskap opgerig om water te berg wat drink- en besproeiings­water insluit, volgens skoolhoof Jaco Kotze. Die voorsitter van die skool se beheerliggaam, Johan Pienaar, vertel dat die hulp aan die skool ’n bespa­ ring van tot R8 000 per maand in die waterrekening van die skool meebring in hierdie tyd. DIE HUIDIGE SITUASIE Die voorsitter van Bultfontein Distrikslandbou, Herman Meiring, beaam dat slegs sowat 10% mielieaanplantings gedoen is, 15% sonneblom en 1% sojabone en grondbone. Die voorsitter van Hoopstad-Suid Boerevereniging, Riaan Taljaard, het op sy beurt gesê dat die mielieaanplantings in hulle area ook 10% beloop en laat sonneblomaanplantings beloop sowat 30% van die normale aanplan­ tings. REËN Volgens beide Meiring en Taljaard het hulle slegs 30 mm reën tussen September 2015 en Januarie 2016 ontvang, wat die gebied lam gelaat het. Daarna het daar sowat 270 mm tot 320 mm reën vanaf 18 tot 22 Januarie en weer vanaf 4 tot 7 April geval. “As gevolg van die laat reën is die hergroeiperiode van gras in die weidingsgedeelte van Bultfontein baie beperk,” het Meiring aangevoer. Vee is derhalwe verkoop en slegs kernkuddes is oorgehou vir die voortbestaan van die produsent en sy werkers. DIE IMPAK SLEGS OP HIERDIE AREA Die impak is groot aangesien daar sowat 183 000 hektaar land ter sprake is met 86 000 hektaar by Bultfontein en 84 000 by Hoopstad. 8 000 hektaar en 5 000 hektaar is onderskeidelik onder besproeiing by die twee dorpe. WATER Die gebied ontvang 99% van sy water van die Erfenisdam, wat tans slegs 10.25% vol is. Daar is ook al vir ’n geruime tyd waterbeperkings op die dorpe en water is net op sekere tye beskikbaar. Huidige skattings is dat die dorpe nog net tot 17 Oktober 2016 van water voorsien sal kan word. KOSSKENKINGS Die gemeenskap is ook besig met voedingskemas en kospakkies wat aan behoeftige kinders by skole in die omliggende streek uitgedeel word. Verdere proble­ me wat ervaar word is dat daar minder van seisoenswerkers ge­bruik gemaak word. Dus is daar ook minder geld in omloop, wat weer sy eie probleme meebring. Benewens lae aanplantings, min reën en watertekorte is kontantvloei dus ’n addisionele probleem. Vir meer inligting of om hulp aan te bied, kontak Herman Meiring by 083 292 3427 of vir Riaan Taljaard by 082 856 6533. DIE LANDBOU-UNIES van Bultfontein en Hoopstad-Suid doen ’n beroep op almal in die gebied, en inderdaad regoor die land, om bystand te verleen aan die Tswelopele Munisipaliteit en gemeenskap in hul stryd teen die droogte deur gebottelde water aan die betrokke dorpe te skenk. Besoek die Tswelopele Water Shortage and Animal Feed Project facebook-blad vir meer inligting. Almal wat wil help kan gebottelde water aflewer by die Senwes/ Hinterland takke in Bultfontein en Hoopstad respektiewelik. Indien u sou verkies om ’n finansiële bydrae te maak, deponeer asseblief enige bedrag in die volgende bankreke­ning: Bultfontein Distrik Landbou-unie, ’n nie-winsgewende organisasie, by ABSA Bank, Rekeningnommer: 9260809457, Tak: Bultfontein, Takkode: 334235. ’N OPSOMMING VAN DIE SITUASIE Die Erfenisdam verskaf sowat 99% van die water wat benodig word in Bultfontein en Hoopstad via die Vet­rivier. Die damvlakke is tans op ’n skrikwekkende 10,25%, wat beteken dat, teen die huidige gebruiks­ tempo, daar slegs tot 17 Oktober 2016 water aan die dorpe verskaf sal kan word! Die krisis is ’n realiteit en dit stuur af op ’n ramp vir mens en dier. Mede-Suid-Afrikaners, maat­skappye en ander organisasies word versoek om bydraes te lewer ten einde ons te help om die verlammende effek van die droogte te bekamp. Kontak asseblief die voorsitter van die Bultfontein Distrik Landbou-unie, Herman Meiring by 0832923427 of stuur ’n e-pos aan [email protected] om uit te vind hoe jy ’n verskil kan maak. SENWES Scenario • JUN/JUL 2016 5