Senwes Scenario Junie / Julie 2016 | Page 6

••• HOOFARTIKEL
AUBREY KRUGER

Droogte !

Staan saam vir Hoopstad en Bultfontein

Droogtepille word by die Senwes Bultfontein Silo afgelewer .
MET DIE DROOGTE WAT DIE HOOPSTAD EN BULTFONTEIN OMGEWING IN ‘ N WURGGREEP HET , HOU SENWES ONVERPOOSD AAN OM HIERDIE AREA IN DIE TSWELOPELE DISTRIK TE ONDERSTEUN .
AGRI SA DROOGTERAMPFONDS Die Agri SA Droogterampfonds wat met Senwes as stigtersvennoot in 2015 van stapel gestuur is , het in Mei 2016 gegroei tot ’ n massiewe R14 miljoen . Die Vrystaat , Noordwes en Noord- Kaap provinsies was die ergste getref en Noordwes het tot op hede R3.1 miljoen uit die fonds ontvang , Vrystaat R2.9 miljoen en die Noord-Kaap R2.3 miljoen . Die fonds bereik talle en in totaliteit is daar 150 dorpe betrokke - 41 Vrystaatse dorpe , 35 uit Noordwes , 38 uit die Wes- Kaap en 23 uit die Noord-Kaap . Dié area is ook die kern van die Senwes gebied , wat veral hard getref is .
Die aantal kommersiële produsente wat bygestaan is beloop 10 599 , waarvan 1 566 beginnerprodusente is , asook 8 657 plaaswerkers en gemeenskapslede wat water en kospakkies ontvang het . 39 729 bale voer is geskenk , met 26 580 sakke voerkorrels , 200 000 liter water en 532 trokke wat boge noemde vervoer het .
SENWES VAT RAAK MET VOLGEHOUE DROOGTEHULP Senwes het onlangs ook hulp spesifiek aan die Bultfontein en Hoopstad omgewing ver- leen in die vorm van 516 sakke droogtepille in April ( 303 aan Bultfontein en 213 aan Hoopstad ). In Mei is ’ n verdere 216 bale voer tussen die twee dorpe verdeel . Hier speel Grainovation , wat die skenkings gratis vervoer het , ’ n kardinale rol . ’ n Bykomende 15 vragte moet nog gratis vervoer word . Daar is nog skenkings in die pyplyn , sowel as ander vervoermaatskappye wat by die projek wil aansluit .
WATERTEKORT OP DIE DORPE Senwes se waterprojek het al in 2015 afgeskop met water wat deur personeel en lede van die gemeenskap geskenk is . Duisende liters water is tot dusver op talle dorpe afgelewer .
Senwes het selfs water wat by die silo gepomp word , na Hoërskool Bultfontein begin kanaliseer om met die waterprobleem te help . Daar is ook twee
Uittredende voorsitter van Bultfontein Distrikslandbou , Kobus Steenekamp , ontvang die droogtepille
Kospakkies word na behoeftiges in die Tswelopele distrik versprei .
4
JUN / JUL 2016 • SENWES Scenario