•••
T OEK OM SF OK US
•••
JENNY MATHEWS
LEGENDES EN NALATENSKAPPE
“FAMILIEGESKIEDENIS
BOU BRÛE TUSSEN DIE
GENERASIES VAN ONS
FAMILIES.”
O
ns het so pas ’n wonderlike
maand spandeer waarin
ons gesinsbande hernu het. Dalk
het die uitmergelende droogte
wat ons hierdie jaar ervaar het iets
daarmee te doene gehad, maar
ons het ’n behoefte in hierdie
tyd gehad om perspektief te verkry oor die werklike belangrike
dinge in die lewe: familiebande
en vriendskappe, wat die fondasie
is van die gevoel dat ons iewers
hoort en wat die boublokke van
tevredenheid is - veral in moeilike
tye!
“Brûe word nie per ongeluk
gebou nie.”
Twee en vyftig siele, almal
verbind deur bloed of huwelik,
met ouderdomme wat wissel van
my skoonpa Charlie, 91, tot my
nuwe kleinseun van 4 maande, het
bymekaargekom op die plaas vir ’n
Mathews familie reünie. Dit was
46 JUN/JUL 2016
baie spesiaal om die plaaslewe vir
’n oomblik deur die oë van ander
te sien, mense met gelukkige herinnering van die plaaslewe uit hul
kindertyd. Eenvoudige dinge soos
die reuk van pas geoeste mielies of
die koel aanraking van die herfs
aandluggie het baie herinneringe
opgeroep en heelwat gesprekke het
begin met, “Onthou jy nog ...!”
Baie stories is oorvertel, wat
herinneringe aan moeilike tye
ingesluit het - soos die depressiejare, toe hulle skuiling gebied vir
verbygaande reisigers, wat werkies
op die plaas gedoen het in ruil vir
kos en slaapplek; of toe hulle pa
so erg deur ’n bul deurboor is dat
hy by die dood omgedraai het.
Ek het gesien hoe die kinders se
oë rek toe daar vertel is hoe dit
’n hele dag geneem het dorp toe
met ’n kar en perd om vir vriende
te gaan kuier of vars voorrade te
gaan koop. Hulle het gehoor hoe
die grasvlaktes eens gewemel het
van wild en hoe Ouma Hettie
haar bekende boereseep gemaak
het, wat ’n 10-jaar oue Charlie
op ’n ossewa gelaai het en saam
met Boesman, die getroue ou
bediende, na Mafeking geneem
het om saam met ander plaasprodukte soos mielies en hoenders te
verkoop - of dit dikwels te ruil vir
basiese voorrade soos tee, koffie
en suiker. ’n Lepeltjie suiker in
die koffie was 'n groot bederf nie ’n alledaagse gebeurtenis nie!
Alledaagse dienste wat ons as
vanselfsprekend aanvaar het nie
bestaan nie - geen posdiens in die
nabye omgewing nie, geen vinnige
• SENWES Scenario
toegang tot nood mediese sorg
nie, geen elektrisiteit nie - nee,
selfs nie eens ’n kragopwekker nie!
Die kinders kon hulle nie indink
hoe dit sonder ’n TV of rekenaarspeletjies moes wees nie!
“As ek wil hê my kinders
moet die mense ken wat
steeds in my gedagtes leef,
dan moet ek die brûe tussen
hulle bou.”
Oor die jare was daar tye wanneer
ek dit gewaag het om jammer vir
myself te voel as dinge moeilik
geraak het, soos hierdie jaar, maar
ek het ’n waardevolle les by die
ouer generasie geleer - ek dink
ons almal het: Dit maak nie saak
hoe moeilik dinge was nie, hulle
was tevrede, gelukkig en soveel
meer kreatief met hul tyd as wat
ons deesdae blyk te wees. Almal
het gehelp met die werkies wat
gedoen moes word en was met
oorgawe betrokke in die eindelose
aktiwiteit op die plaas - tuinwerk,
bottelering, inlê en bak, naaldwerkprojekte - wat baie lap- en
stopwerk en verstellings aan klere
ingesluit het om dit telkens weer
’n nuwe lewe te gee. Alles op die
plaas was self gekweek, plaasvars,
en trots tuisgemaak.
“Ek alleen is die skakel tussen die generasie wat aan
beide kante van my staan.
Dit is my verantwoordelikheid om hulle harte saam te
smelt deur liefde en respek.”