•••
DS. CAREL BOTMA
DEEL 2:
DIE IMPAK VAN STRES
LEES: Genesis 3:1; 14-19
VANDAG GAAN EK VIR
JOU WYS WAT DIE IMPAK
VAN STRES OP DIE LEWE
VAN DIE INDIVIDU MAG
WEES, MET ANDER
WOORDE, WAT IS DIE
EFFEK DAARVAN OP
JOU LEWE? WAT GEBEUR
FISIES MET DIE MENS
WAT STRES ERVAAR?
W
anneer ons bronne met
’n potensiële bedreiging
gekonfronteer word, is daar in die
eerste plek ’n alarmfase. Dit word
gekenmerk deur skok. Dink maar
aan die verwoede bul of hond wat
onverwags op jou afstorm. Of jou
motor word gekaap. Die mens se
liggaam mobiliseer homself egter
gou om ’n teenskokreaksie uit te
voer. Tydens die teenskokreaksie
is die liggaam se vermoëns om te
presteer ver bo die normale. Dit is
dán wanneer jy met die grootste
gemak in jou volle vaart bo-oor
die hek sal spring ten einde van
die stormende bul te ontvlug. Jy
44 JUN/JUL 2016
bereik sodoende ’n prestasiepiek.
Die volgende fase is die weerstandfase. Tydens hierdie fase word
die gedrag van die teenskokfase
voortgesit, maar die hardloper se
asem raak min en hy word moeg.
’n Prestasieplato word bereik en
die bul is besig om jou in te haal.
Dit is tydens hierdie fase waar jou
emosionele bronne hulle hande vol
het met al die genoemde pogings
om deur middel van die bestuur
van die ander bronne, kop bo water te hou.
Alhoewel ek nou vir jou ’n
ekstreme voorbeeld van ’n stressor
gegee het waarmee ons nie elke
dag te doen kry nie, het die alledaagse stressore presies dieselfde
proses en impak op ons. Sommige
van hierdie stressore is so gering
dat ons dit beskou as deel van ons
daaglikse roetine. Dink maar aan
die oggende wanneer jy verslaap,
wanneer jy die verkeer aandurf,
wanneer een van die kinders
voor slaaptyd onthou dat daar
die volgende dag ’n projek by die
skool ingehandig moet word, of
bloot net wanneer die elektrisiteit
onverwags afgaan. Hoe dit ook al
• SENWES Scenario
sy, ons kry daagliks met honderde
stressore te doen. Daarom is dit
goed te begryp dat, al is die jakkalsies klein, hulle uiteindelik ook
’n enorme impak op ons lewens
kan hê.
Die laaste fase is dié van uitputting, uitbranding of ineenstorting.
Die liggaam en emosionele bronne
se vermoëns om die bedreiging
te weerstaan, stort in duie en ’n
krisistoestand ontstaan. Jy voel
moeg en uitgeput, jy sukkel om te
konsentreer, jy raak maklik geïrriteerd en kan uiters pessimisties
word. Die lewe en sy mense het
vir jou hulle glans verloor en jy het
niks goeds om daaroor te sê nie. Jy
het uitgebrand... moontlik ervaar
jy selfs al meegevoelsuitputting.
Maar daarvan sal ek jou in ’n latere
uitgawe meer vertel.