Senwes Scenario Junie / Julie 2016 | Page 43

Persentasie normale reënval vir die seisoen ( Julie 2015 - Maart 2016 ) ( Gebaseer op voorlopige data , normale tydperk 1981-2010 )
DRUPPELS OP DIE DAK
DIE VERLOOP van die 2015 / 16 seisoen in Suid-Afri ka word in meegaande kaart uitgebeeld . Die Suid-Afrikaanse Weerdiens se April reënvalverslag was egter nog nie beskikbaar met die skrywe van die artikel nie . Die kol met onder gemiddelde reënval in die sentrale gedeelte van die binneland kan duidelik waargeneem word . Die kol met onder gemiddelde reënval in die sentrale gedeelte van Suid-Afrika het kleiner geword sedert Janu arie as gevolg van goeie reën oor dele van die Oos-Vrystaat en Mpumalanga . Dele van Mpuma langa het selfs meer reën as die langtermyngemiddeld ontvang . Met ’ n besoek aan die provinsie kan daar waargeneem word dat goeie opbrengste oor die algemeen verwag word .
•••
VOORUITSIGTE VIR DIE 2016 / 2017 SEISOEN Die seetemperature is besig om te daal oor die Nino3-4 gebied in die Stille Oseaan . Die afwyking in die gemiddelde seetemperatuur was die hoogste in opgetekende geskiedenis . Sulke warm seetemperature het gewoonlik katastrofiese klimatologiese gevolge in ander dele van die wêreld , soos Suid-Afrika .
Die International Institute van die Universiteit van Columbia dui die voorspelde La Niña-episode vir die komende seisoen in onderstaande grafiek aan . Die kanse vir ’ n La Niña-tipe seisoen is redelik groot volgens die verskillende voorspellingsmodelle .
Grafiek 1 . ' n Vergelyking tussen die 1991 / 92 en die 2015 / 16- seisoene en die langtermynreënval van die tradisionele Senwes-gebied .
DIE 1991 / 92 seisoen was die swakste seisoen die afgelope 40 jaar wat gewasprestasie aanbetref . Die seisoen was ook ’ n El Niño-tipe seisoen . Vergelykings word ook getref oor die verloop van hierdie seisoen en die 1991 / 92 seisoen . Die verskil tussen die twee seisoene is dat die 1991 / 92 seisoen goed begin het maar rampspoedig geëindig het . Die huidige seisoen het weer baie moeilik en laat begin maar het effens beter geëindig . Die droë Februarie was egter die doodsteek vir mielieproduksie in verskeie distrikte . Die meeste mielies het gedurende Februarie bestuif omdat so laat aangeplant kon word en die onder-gemiddelde reënval die maand het sy tol geëis .
Grafiek 1 dui die verskil in reënvalverspreiding van die 1991 / 92 jaar en die 2015 / 16 jaar teenoor die langtermynreënvaltendens aan .
OPSOMMING EN GEVOLGTREKKING ’ n Seisoen met groot variasie in reënval is die afgelope seisoen ervaar . Groot gedeeltes van die westelike mielieproduksiegebied het spreekwoordelik aan die agterspeen gesuip . Op die stadium gee die meeste internasionale weervoorspellingsdienste ons redelik moed dat die kanse vir ’ n La Niña-tipe seisoen redelik groot is . ’ n La Niña-tipe seisoen het gewoonlik ’ n redelike normale tot bo-normale reënval vir die seisoen tot gevolg . Ons hoop en vertrou dat die voorspelling bewaarheid gaan word .
SENWES Scenario • JUN / JUL 2016
41