Senwes Scenario Junie / Julie 2016 | Page 42

••• D RUPP E LS OP DI E DA K ’n Seisoen wat die potensiële effek van ’n EL Niño weer gewys het Werklike reënval vir April 2016 THYS GROBBELAAR SENIOR GRAANANALIS, SENWES GRAINLINK REËNVAL HIERDIE SEISOEN Vir ’n verandering het die sentrale en suid-westelike gedeelte van die tradisionele Senwes gebied meer reën ontvang as die noord-oostelike gedeelte. Die reën was in die meeste gevalle te laat om die mie­ lie-oes te red. Mielies wat reeds laat in hul fisiologiese ontwikkeling verkeer het en die laat sonneblom het wel baat gevind by die goeie April reënval. Histories loop die westelike gedeelte van die somerreënvalgebied gewoonlik erger deur as die oostelike gedeelte. Hierdie seisoen was dit weer die geval. Meegaande kaart dui die kumulatiewe reënval vir die seisoen van­ af 1 Julie 2016 tot 30 April 2016 aan. Die Bultfontein/Theunissen gedeelte van die tradisionele Senwes-gebied het veral hierdie seisoen erg deurgeloop. Die gebied het tot op hierdie stadium minder as 50% van die langtermynreënval ontvang. Dit nadat die vorige seisoen ook baie droog afgesluit het. Die heel suid-westelike gedeelte van die tradisionele Senwes-gebied, naamlik die Petrusburg-gebied, het ook redelik reën die afgelope seisoen gehad, veral gedurende die najaar. Dit het soveel in die gebied 40 JUN/JUL 2016 Die kumulatiewe reënval vir die tydperk 1 Julie 2015 tot 30 April 2016 as % van die langtermyn kumulatiewe reënval vir die ooreenstemmende tydperk gedurende die najaar gereën dat van die produsente oorweeg om selfs winterkoring onder droëlandtoestande aan te plant. Die noord-oostelike gedeelte van die tradisionele Senwes-gebied het ook meer reën as die langter- • SENWES Scenario myngemiddeld ontvang. Daar is produsente wat ’n gemiddelde oes en beter hierdie seisoen gaan reali­ seer. Dit sluit in die aanliggende Mpumalanga provinsie wat hierdie seisoen ’n gemiddelde oes gaan realiseer.