Senwes Scenario Junie / Julie 2016 | Page 39

RUB RIE K Energiepryse Wat verder die internasionale mielie- en sojaboonprys ondersteun is die hoër ruoliepryse. Aangesien die Amerikaanse etanolproduksie bykans 44% van hul plaaslike verbruik van mielies uitmaak, speel die internasionale ruolieprys ook ’n groot rol in die prysvormings­ proses. Die ruolieprys het met bykans 63% gestyg sedert middel Januarie 2016 (Grafiek 2). Baie etanolaanlegte begin weer geld maak, wat die vraag na mielies laat styg en dit ondersteun die prys van die kommoditeit. Internasionale graan- en oliesadesituasie Grafiek 3 dui die prysverloop van geelmielies op CBOT aan. Ons kan sien dat die mielieprys relatief laag is en produsente wat redelik van produksiekrediet gebruik maak, maak nie veel geld met ’n prys van onder $4/bu nie. Die groot oordragvoorraadvlakke in die VSA en die wêreld is die hoofrede vir die betreklike lae internasionale mielieprys. Grafiek 4. Wisselkoersbeweging ••• Heersende klimaat in die VSA. Brasilië ervaar tans ’n droogte oor dele van sy mielieproduse­ rende gebiede en daar is meer uitvoer­verpligtinge aangegaan as wat hulle kan nakom. Dit bring mee dat die Brasiliane mielies sal moet invoer. Die voorspelde La Niña-episode word vir die komende seisoen verwag en dit kan veral tot droogtesituasies in die suidelike state aanleiding gee. Die Amerikaners is ook fluks besig om te plant en hul plantvordering vir die afgelope week is geskat op 45% teenoor 38%, wat hulle 5-jaar gemid­ delde plantvordering is. Die plantvordering ten opsigte van sojabone is ook hoër as die 5-jaar gemiddeld. Die rede vir die vinnige plantvordering is die feit dat die meeste lande goed afgedroog is en dat oornat toestande nie ter sprake is nie. Meegaande kaart dui die heersende klimaat in die VSA aan. Daar is wel kolle wat begin droog word, veral in die suidelike state. Skade as gevolg van oornat toestande in Argentinië is ’n verdere prysondersteunende faktor. Die La Niña-episode wat vir die komende seisoen voorspel word, het gewoonlik ’n droogte oor die suidelike state tot gevolg. Dit ondersteun die Amerikaanse mielieprys tot ’n mate. PLAASLIK Wisselkoersbeweging Die rand het ook versterk sedert Januarie 2016, alhoewel dit nog baie wipplank ry. Dit lei tot goedkoper ingevoerde mielies, soja­ bone en sonneblom en plaas op sy beurt weer druk op ons Safex pryse. Vir die kort termyn lyk dit of die rand weer kan verswak, wat weer prysondersteunend is (Grafiek 4). > VERVOLG OP BLADSY 38 SENWES Scenario • JUN/JUL 2016 37