Senwes Scenario Junie / Julie 2016 | Page 38

••• RUBR I E K THYS GROBBELAAR GRAANMARKVOORUITSIGTE: Mei 2016: Markverwikkelinge THYS GROBBELAAR SENIOR GRAANANALIS, SENWES GRAINLINK AGTERGROND Internasionale fundamentele faktore Die sterkte van die dollar teenoor ander belangrike internasionale geldeenhede soos die euro speel ’n groot rol in die internasionale prysvorming van sekere kommodi­ teite. Die Amerikaanse dollar het sedert November 2015 met amper 10% teenoor die euro verswak. Dit maak Amerikaanse mielies relatief goedkoop in die wêreldmark. Dit moedig op sy beurt weer uitvoere aan en dit laat die berekende oordragvoorraad daal, wat weer pryse ondersteun. Grafiek 1. Dollar/Euro wisselkoersbeweging Grafiek 2. Die internasionale ruolieprys/vat. (CME) Grafiek 3. Prysbeweging van Amerikaanse geelmielies op CBOT. (c/bu) 36 JUN/JUL 2016 • SENWES Scenario