Senwes Scenario Junie / Julie 2016 | Page 36

••• RUBR I E K DIE AMPTELIKE JAGSEISOEN HET OP 1 MEI BEGIN. EK IS SEKER DIE GEWERE IS AL UITGEHAAL EN NA GEKYK. DIE JAGTOGTE IS AL BEPLAN EN ALLES IS REG. KOM ONS KYK BIETJIE HOE MOET EK MY GEWEER INSKIET (OF ZERO) VOOR EK VERTREK. E 34 erstens moet ek kyk waar ek dié jaar gaan jag. Hoekom is dit belangrik? Wel, as ek in die Vrystaat gaan jag, sal die bokke gewoonlik verder staan, so my skote gaan verder wees (200 m en ver­ der). Die terrein bepaal gewoonlik die jagafstande. In die bosveld skiet ek selde verder as 150 m. So, julle kan sien dat my geweer op verskillende afstande ingestel moet wees vir waar ek gaan jag. Wat ek gewoonlik doen voor my vertrek na die jagveld is om op die skietbaan te kom. Hier gaan ek my geweer deeglik deur en maak seker dat alles vas is, byvoorbeeld die teleskoop. Ek het al van baie manne gehoor wie se jaguitstappies drasties verkeerd gegaan het omdat die teleskoop los was. Maak dus baie seker dat alles vas is voordat daar ingeskiet word. My voorstel is dat as jy in die Vrystaat kom jag, stel jou geweer in op 200 m. Vir bosveldjag, stel die geweer in op 100 m. As jy onseker is oor die jagafstande, skakel die eienaar van die jagplaas en maak seker van die afstande en omstandighede. Wild het duur geword en hoe beter die voorbereiding, hoe beter gaan die jagtog verloop. Nadat jy jou geweer ingestel het op die skietbaan, maak seker jou geweersak is van ’n goeie gehalte om die reis veilig te maak. Baie skuts het al op die jagveld opgewonde aangekom en met die uithaal van die roer besef die teleskoop is beskadig tydens die vervoer daarvan. Laastens, by aankoms op die DEEL 8 JACO KRUGER jagplaas, vra die eienaar of jy weer ’n skoot of twee kan skiet voor die jagtog begin. Die meeste jagplaaseienaars dring daarop aan. Dit verseker net weer dat die inskietafstand nog dieselfde is as by die huis en dat die geweer nie beskadig is met die vervoer na die jagplaas nie. Baie jagters sien hierdie as ’n onnodigheid, maar glo my hulle dink nie aan die laaste rede vir die inskiet van die gewere nie. Dit kry die skut in sy kop ge­ reed vir wat voorlê, so maak seker jy is tevrede met die instel van jou geweer en moenie loop voordat jy tevrede is nie. Dit gee selfvertroue en almal het dit baie nodig op die jagveld. Lekker jag en soos die man van Potch sê, bewe raak! Geniet die jagseisoen. Jaco Kruger het sy nasionale kleure in Benchrest skiet verwerf en het sy land verskeie kere verteenwoordig. Hy is ook ’n aktiewe SA Jagterslid. Legally Armed, in association with Martin & Visser A