Senwes Scenario Junie / Julie 2016 | Page 34

••• NUUS Ken jou Certisure personeel LUCILLE RUDMAN DIE REGTE PERSOON BY CERTISURE OM BOERE EN DIE PUBLIEK MET MEDIHELP BY TE STAAN. Wat is jou posisie by Certisure? Verteenwoordiger: Mediese Skemas Watter dienste verskaf jy by Certisure? Ek help personeel, pensionarisse, boere en die publiek wat tans op MEDIHELP mediese fonds is met al hul navrae, rekeninge, probleme of magtigings, of voorsien kwotasies vir kliënte wat sou belangstel in dié mediese skema. Wat is vir jou die belangrikste rakende kliëntediens? Die kliënt kom eerste en moet tevrede wees. Hoe lyk die toekoms van die bedryf vir jou? Mediese fondse raak baie duur, maar die meeste mense besef die belangrikheid daarvan om ‘n mediese fonds te hê en om dekking te hê wanneer hulle dit benodig. Ek dink ons sal vorentoe baie veranderinge sien plaasvind in die bedryf waar wetgewing ‘n groot rol sal speel. Hoe lank werk jy al by Certisure? Werksgeskiedenis? Ek het by Senwes begin werk in September 1999 en in die Versekeringsafdeling vanaf 1 Junie 2004 (nou bekend as Certisure). Waar is jy gebore en waar het jy grootgeword? In die Klerksdorp omgewing. Familie? Ek is getroud met Charles Rudman en het een dogtertjie, Liane, wat 6 jaar oud is. Stokperdjies? Ek skilder graag in my vrye tyd en spandeer tyd saam met my familie. • In die volgende uitgawes gaan ons ook op ander Certisure personeellede fokus wat produsente en die publiek bystaan. 32 JUN/JUL 2016 • SENWES Scenario eling wikk 31 t n o g SY Ladin G VAN BLAD L O V R > VE word dit duidelik dat skote 1, 2 en 3 ’n bondel vorm, dan weer potensieel skote 4 en 5, waarna die groter bondel skoot 6, 7, 8 en 9 is. Let asseblief op dat dit nie noodwendig so sal uitwerk dat die skote in numeriese volgorde sal bondel nie en dat skote van verskillende ladings wel oor en weer kan bondel. Dit is egter so dat indien skote van ladings wat op mekaar volg deel vorm van ’n bondel, dit meer sinvol sal wees om groeperingsladings uit hierdie skote te kies aangesien dit daarop dui dat die opeenvolgende ladings stabiel is en reeds saam bondel. Die oorspronklike teorie sê egter dat mens dan die middelste skoot in die bondel kies en rondom hierdie lading laai om groeperings mee te skiet. Die keuse van hierdie groeperingtoetsla­ ding(s) wat deel vorm van die bondel is gewoonlik nie so maklik nie en verg heelwat ervaring en interpretasie. Dit het my egter genoop om ’n identifikasieproses vir hierdie groeperingstoets­ lading saam te stel. My aanvanklike gedagte was dat indien skote bondel, daar een of ander konstante of minimum variasie in die spoed van elk van hierdie skote moes wees. Gelukkig skiet ek meestal oor ’n chronograaf en kon begin om die spoed van die verskillende ladings te vergelyk met die doel om een of ander tendens te identifiseer. Na ’n hele paar berekeninge getoets is, het ’n spesifieke tendens na vore gekom wat gestrook het met vorige ladder resultate. In kort kan die berekening vereenselwig word met die konsep van Absolute Minima en Maksima in Calculus wiskunde. Die toepassing hiervan is egter heel eenvoudig in die geval van ladingsontwikkeling en kan as volg verduidelik word na aanleiding van die bostaande ladder toets. Die tweede deel van hierdie interessante la­ dingsa