Senwes Scenario Junie / Julie 2016 | Page 33

R UB R IE K Frans Dreyer, Bestuurder van Senwes Graanmakelaars en skrywer van Fig. 1 dié rubriek. die nodige spesifikasies en vervaardigers­ aanbevelings is vir die spesifieke kaliber waarvoor die lading ontwikkel gaan word. Hierna is die minimum la­ ding vir die gekose koeël en tipe kruit soos aanbeveel deur die kruitvervaardiger die vertrekpunt. Laai een koeël met die minimum lading en daarna een koeël in inkremente van 0.2 gr of 0.3 gr. As ’n reël word 0.2 gr inkremente aanbeveel vir kalibers kleiner as 6 mm en 0.3 gr vir kalibers groter as 6 mm. Mens kom egter gouer baie nader aan die waarheid met 0.2 gr inkre­ mente. Gestel die aanbevole minimum lading is 40 gr, dan sal die daaropvolgende ladings 40.2 gr, 40.4 gr, 40.6 gr ensovoorts wees, totdat die maksimum aanbevole lading bereik word. Elk van hierdie rondtes word dan op 300 m geskiet deur elke keer op dieselfde mikpunt of merker op die teiken aan te lê. In die geval waar jou teleskoop se vergroting nie noodwendig geskik is om gemaklik op 300 m te skiet nie, sal 200 m ook aanvaarbaar wees. Die rede vir 300 m is hoofsaaklik om beter te onderskei tussen die vertikale verspreiding van die rondtes op die teiken. Dit is dus belangrik om elke skoot noukeurig op die teiken aan te dui. Die uitdaging om elke keer 300 m te stap en die skoot op die teiken te merk is ook reeds op vele innoverende maniere oorkom. Sommige skuts maak gebruik van ’n videokamera by die teiken wat die proses afneem, waarna hulle rustig die skote kan aandui deur na die opname te kyk. Ander merk die koeëls deur hulle in te kleur met verskillende kleure perman