Senwes Scenario Junie / Julie 2016 | Page 32

••• RUBR I E K po s W d i T e h GON kkuraat N se a I r e D e LA gew ou j k i e r be DIE HERLAAI VAN AMMUNISIE HET DIE AFGELOPE AANTAL JARE BEHOORLIK POSGEVAT ONDER JAGTERS NADAT DIE KUNS AL ’N GERUIME TYD HOOFSAAKLIK DEUR SKYF­S KIETSKUTS BEOEFEN IS. D ie redes hier­voor kan saamgevat word in die bekostigbaarheid van herlaaide ammunisie en die wye keuse van herlaaikomponente. Die hoofrede vir herlaai is gewoonlik dat ’n skut deur middel van die wye keuse van komponente in staat gestel word om pasmaakammunisie te herlaai wat optimaal presteer in ’n spesifieke vuurwapen. Die ontwikkeling van ’n lading vir ’n spesifieke geweer is egter soms makliker gesê as gedaan! Daar bestaan werklik nie ’n moeitelose tegniek nie en tyd op 30 JUN/JUL 2016 G N I L E al a i K s n K e t I die baan is onvermydelik. Hier­ die tyd op die baan moet egter natuurlik reg benader word om te verseker dat veral die kostebesparende effek van herlaai wel realiseer. Verskeie ladingontwikkelings­ tegnieke is verder algemeen in gebruik. Hierdie tegnieke wissel op die uiterste van die skiet van 5 skootgroepe in 0.5gr inkremente vanaf die minimum tot die maksimum lading soos aanbeveel deur die kruitvervaardiger, tot die gebruik van die QuickLOAD program om ’n gidsla­ ding te identifiseer. Eersgenoemde is gewoonlik ’n tydrowende en duur proses aangesien die skut ten minste 10 groepe van 5 rondtes sal moet skiet net om daarna nog groepe te gaan laai om verder te verfyn tussen die beste groepe. Die menslike foutfaktor asook omgewingsfaktore speel natuurlik ook ’n groot rol tydens die groeperingskietsessies. QuickLOAD aan die ander kant wen tans goeie veld onder herlaaiers. Die probleem is egter dat min herlaaiers wat dit aankoop werklik verstaan hoe die program werk en wat nodig is om ’n veilige gidslading vir jou geweer te bepaal. Een berekeningsfout met QuickLOAD kan • SENWES Scenario FRAN S DRE YER katastrofiese gevolge inhou. Daar is egter QuickLOAD spesialiste beskikbaar wat die berekeninge namens kliënte teen ’n koste doen. Heelparty skuts is al suksesvol op hierdie manier gehelp, wat die koste- en tydbesparende voordele van QuickLOAD soos ’n paal bo water laat uitstaan. Hierdie artikel gaan egter fokus op die veiliger metode vir die deursnit herlaaier, naamlik die Inkrementele Ladingsontwikkelingsmetode wat ontwikkel is deur die Fransman, Creighton Audette. Herlaaiers praat sommer van die ladder of sweet spotmetode. Hierdie metode werk goed en die artikel gaan addisioneel tot die standaard metode ’n verdere bevestigingsmetode verduidelik wat die herlaaier sal help om die korrekte skoot in die sweet spot-bondel te identifiseer vir groeperingstoetse. HOE WERK DIE LADDER METODE? Die beginpunt is gewoonlik om die nodige komponente aan te skaf. Die keuses van koeëls, slagdoppe, dopfabrikaat en dryfmiddel is gewoonlik ’n inte­ ressante gesprek in eie reg, maar nie die fokus hier nie. Dit is egter belang­rik dat die herlaaier seker maak dat alle komponente binne