Senwes Scenario Junie / Julie 2016 | Page 30

••• HA N D E LSN U U S baan. in Lange m iu s o p Gosa Sim um si o p m i s rlikse jaa u o h A GOS DIE JAARLIKSE GOSA SIMPOSIUM HET OP 16 EN 17 MAART 2016 IN LANGEBAAN PLAASGEVIND. GOSA IS DIE GRAANHANTERINGS­ ORGANISASIE VAN SUIDER AFRIKA EN SY HOOFDOEL­ STELLING IS OM DIE WERK­ VERRIGTING TE BEVORDER BINNE DIE GRAANHANTE­ RINGS­BEDRYF. B ekende gassprekers het by die geleentheid opgetree. Dr Clem Sunter het gesels oor die wêreld en Suid-Afrika na 2016. Hy het verwys na tendense soos korrupsie, die kwaliteit van infrastruktuur en leierskap. Sy aanbeveling was dat daar gefokus word op dit wat Suid-Afrika goed doen, byvoorbeeld die uitbreiding van goeie landboumaatskappye en private skole. Dr Roelof Botha was optimis­ ties dat ‘n sinvolle beleidsrigting die ekonomie na ‘n hoër rat sal beweeg. Alhoewel faktore soos die droogte, swak leierskap en hoë rentekoerse die ekonomie tans 28 JUN/JUL 2016 rem, voorsien hy ‘n goeie kans vir groei in die tweede helfte van die jaar. Volgens hom steur die kapitaalmarkte hulle nie te veel aan ‘n land se kredietgradering nie en word ‘n sterker rand in die vooruitsig gestel. ‘n Baie insiggewende perspektief op die omgewing is deur prof Kobus van der Walt van die Noordwes Universiteit se Potchefstroomkampus verskaf. Hy het verwys na klimaatstendense en hoe dit Suid-Afrika in die toekoms sal raak. ‘n Groot bekommernis is die uitputting van voedsel-, wateren energiebronne weens die hoë bevolkingsgroei en die verwagte toestroming van mense omdat ‘n droë streek binne die volgende 30 tot 50 jaar noord van Suid-Afrika verwag word. Prof van der Walt beveel aan dat klimaatsverandering gestuit word deur die aanwending van alternatiewe energiebronne soos wind- en sonkrag, asook die ontginning en verspreiding van natuur­like gas vanaf die Mosambiekse kus. Vir die landbou sien hy verdere oplossings in presisieboer­ dery en die korrekte flokkulering van grond. Hy het afgesluit met die treffende stelling dat produ­ sente met grond moet boer en nie met mielies nie. • SENWES Scenario Die Senwes Scenario platforms is aan die gons NADAT DIE nuwe webtuiste en toepassing van die Senwes Scenario vanjaar op 18 Februarie geloods is, het die leserstal in die eerste maand ’n baie goeie toename getoon. 94% van hierdie gebruikers was nuut tot die platforms en in totaal is die platforms 21 907 keer in Maart 2016 besoek. Met hierdie syfers wink groot potensiaal ‘n entjie in die pad af en is dit nou krities belangrik om hierdie leserstal te behou en op ’n volhoubare wyse leesstof wat aanklank by ons teikengehoor vind, beskikbaar te stel. Een van die uitskieters op die Scenario platforms is jagartikels. Verder geniet lesers ook die aanlyn-weergawes van die Senwes Scenario met ’n totaal van 1 049 keer wat Februarie/Maart en April/Mei se tydskrifte deurgeblaai is. Die taalverdeling is relatief eensydig met die volledige Afrikaanse weergawe wat 77% van hierdie syfer opmaak. Indien daar nog produsente is wat nie die Senwes Scenario toepassing op hulle slimfone het nie, maak seker jy kry dit vandag. Indien jy ’n iPhone het, gebruik hierdie skakel http:// fwd2.co/ScenarioApple, so nie, gebruik http://fwd2.co/ ScenarioGoogle.