Senwes Scenario Junie / Julie 2016 | Page 29

Figuur 2 : Stogasties Ossilator interpretasie .
BRON : SAAMGESTEL IN DIE METASTOCK ( 2011 ) DATABASIS
Figuur 3 : MA interpretasie .
BRON : SAAMGESTEL IN DIE METASTOCK ( 2011 ) DATABASIS
RUBRIEK
Average Convergence Divergence – MACD ) is ’ n gewilde tegniese indikator wat saam met die MA toegepas word . Die MACD is ’ n momentum ossilator met die intensie om die rigting van ’ n tendens te bepaal en ’ n verandering in die tendens uit te wys . Die indikator word bereken deur ’ n langer termyn MA , gewoonlik ’ n 26-dag MA , af te trek van ’ n korter termyn MA , gewoonlik ’ n 12-dag MA . Hierdie berekening staan dan ook bekend as die vinnige MACD-lyn en word grafies geïllustreer deur die soliede lyn in Figuur 4 . ’ n Tweede lyn word bereken en bo-op die MACDlyn geplot ten einde koop- en verkoopseine te genereer . Die lyn staan dan ook beter bekend as die seinlyn ( soos grafies voorgestel deur die stippellyn in Figuur 4 ) en word saamgestel deur ’ n 9-dag MA van die MACD te bereken . Die twee berekende gemiddelde word hoofsaaklik gebruik om koop- en verkoopseine te genereer wanneer die MACD-lyn die seinlyn sny van onder of bo , respektiewelik . Figuur 4 is ’ n grafiese illustrasie van ’ n koop- en verkoopsein , soos onderskeidelik aangedui deur die blou en rooi wyser .
•••
Figuur 4 : MACD interpretasie .
nie , maar eerder prystendense te volg . Die Bewegende Gemiddeld (“ Moving Average ” – MA ) word beskou as een van die oudste , mees buigbare en algemeen gebruikte tegniese indikatore en kan maklik toegepas word op enige prysdata . ’ n MA kan gedefinieer word as ’ n geleidelike voorstelling van ’ n sekuriteit se prysbewegings oor ’ n vaste tydperk , waar slegs die mees onlangse data gebruik word . ’ n MA word vergelyk met die kommoditeit se prysbewegings om koop- en verkoopseine te gene-
BRON : SAAMGESTEL IN DIE METASTOCK ( 2011 ) DATABASIS
reer . ’ n Koopsein word gegenereer wanneer die markprys die MA van onder na bo kruis , waar ’ n verkoopsein gegenereer word indien die markprys die MA van bo na onder kruis . Beide seine word grafies voorgestel deur Figuur 3 deur die blou en rooi aanwyser , respektiewelik .
Ten spyte van die populariteit van die MA , word voorgestel dat die MA in oorleg met ander indikatore geÏnterpreteer word . Die Bewe gende Gemiddeld Konvergensie Divergensie ( Moving
* Die berekeninge van die tegniese indikatore is buite die bestek van die artikel , en word nie bespreek nie . Vir verdere navrae in die verband , kontak jou professionele en kundige Safex makelaar .
SLOT Deur slegs ’ n redelike begrip te hê van die bostaande inligting , is u reeds ’ n stappie voor die res . Dit is wel uiters voordelig om tegniese analise met fundamentele analise te kombineer om sodoende die beste moontlike besluit te kan neem , aangesien ’ n breek deur ’ n langer termyn ondersteuningslyn gewoonlik gekoppel kan word aan fundamentele vraag- en aanbodfaktore wat verander .
Vir meer inligting of om kompeterende opsiepryse op ’ n groot verskeidenheid kom mo diteite te bekom , skakel vir Susari Geldenhuys by 018 464 7430 of 072 116 9999 of e-pos Susari . Geldenhuys @ senwes . co . za .
SENWES Scenario • JUN / JUL 2016
27