Senwes Scenario Junie / Julie 2016 | Page 28

••• RUBR I E K SUSARI GELDENHUYS SAFEX SCENARIO’S MET SUSARI INLEIDING Die nuwe seisoen staan reeds einde se kant toe met die strooptydperk wat nader stap. Ten spyte hiervan bly onsekerheid in die mark hoog vir die huidige seisoen en bemoei­ lik dit steeds elke produsent se bemarkingsbesluite. Daar bestaan egter twee algemene hulpmiddels in die vorm van fundamentele analise en tegniese analise wat sal bydra tot ’n hoër waarskynlikheid van sukses wanneer so ’n beleggingsbesluit oorweeg word. Fundamentele analise en die basis van tegniese analise is reeds in vorige artikels bespreek en poog die onderstaande artikel om uit te brei op verskeie tegniese indi­ katore wat gebruik kan word in verskillende markomstandighede om meer akkurate koop- en verkoopvlakke te identifiseer. Die tegniese indikatore kan verdeel word in twee breë kategorieë, nl. “leading” en “lagging” indikatore. “LEADING” INDIKATORE “Leading” indikatore gee voorspellings van toekomstige prysbewegings, hoofsaaklik deur die bepaling van hoe oorgekoop of oorverkoop die mark is. Die Rela­ tiewe Sterkte Indeks (RSI) word beskou as een van die gewildste “leading” indikatore wat in mo­ derne tegniese analise gebruik word. Die RSI is gewoonlik ’n 5-, 9- of 14-dag prysvolgende ossilator wat fluktueer tussen 0 en 100. Dit laat toe dat koop- en verkoopseine maklik geïdentifiseer kan word en is die indikator dan ook maklik 26 JUN/JUL 2016 Figuur 1: RSI-interpretasie. BRON: SAAMGESTEL IN DIE METASTOCK (2011) DATABASIS vergelykbaar met ander indikatore. Die RSI kan op verskeie maniere ontleed word, maar is die sogenaamde “tops and bottoms” die mees algemene analise. Wanneer die RSI bo 70 verhandel, word ’n oorgekoopte mark aangedui waarna ’n verkoopsein gegenereer word wanneer die RSI die 70-vlak breek van bo na onder. Daarenteen word ’n oorverkoopte mark aangedui indien die RSI onder 30 beweeg, waarna ’n koopsein gegenereer word wanneer die RSI die 30-vlak breek van onder na bo. Beide die bostaande interpretasies word grafies geïllustreer in Figuur 1, waar ’n koopsein aangedui word deur die blou wysers en ’n verkoopsein aangedui word deur die rooi wyser. Die Stogastiese Ossilator word ook as ’n populêre indikator in tegniese analise beskou. Die indi­ kator tref ’n vergelyking tussen ’n sekuriteit se mees onlangse prys en die sluitingspryse oor ’n gegewe tydperk. Die indikator is gebaseer op die teorie dat die sluitingspryse oor ’n sekere periode nader beweeg aan die vorige hoogtepunte (laagtepunte) soos wat pryse opwaarts (afwaarts) beweeg. Die • SENWES Scenario Stogastiese Ossilator bereken twee lyne, naamlik die %K-lyn en die %D-lyn. Die %K- en %D-lyne word uitgedruk as ’n waarde wat ossilleer tussen 0 en 100, waar ’n oorgekoopte- en oorverkoopte mark aangedui word indien enige van die twee lyne onder of bo ’n sekere waarde beweeg (normaalweg word die waardes gestel op 20 en 80). Verder word ‘n verkoopsein gegeneer indien die %K-lyn die %D-lyn van bo na onder sny (grafies geïllustreer deur rooi wyser in Figuur 2), met ‘n koopsein wat gegenereer word indien die %K-lyn die %D-lyn van onder na bo sny (grafies geïllustreer deur blou wysers in Figuur 2). Sommige tegniese analiste verkies om slegs koop- en verkoopseine te identifiseer wanneer die Stogastiese Ossilator onderskeidelik in oorverkoopte- en oorgekoopte gebiede beweeg. “LAGGING” INDIKATORE In teenstelling met “leading” indikatore, is “lagging” indikatore nie daarop gemik om toekoms­ tige prysbewegings te voorspel *Alle konsepte is reeds in vorige artikels gedefinieer, en word dus nie hier herhaal nie.