Senwes Scenario Junie / Julie 2016 | Page 26

••• Hinterland stalletjie by NAMPO Oesdag 2016. NUUS JUANITA GREYLING Mark Stead (Bestuurder: Commercial Fuels) van Engen oorhandig ‘n tjek van R1 miljoen aan Francois Strydom (Senwes Groep HUB) ten bate van Agri SA se Droogte­r ampfonds. ‘n Uitsonderlike prestasie vir Senwes en NAMPO Oesdag NÁ ‘N ONGELOOFLIKE 50STE NAMPO OESDAG WAT VANAF 17-20 MEI 2016 NABY BOTHAVILLE PLAASGEVIND HET, IS DAAR WEER HOOP IN ELKE BOER SE HART. M et die reën wat die week voor NAMPO Oesdag op die dorre plaasgrond neergeplons het, was die oesdagterrein en gemoedere behoorlik afgestof om die grootste landbou-uitstalling ter wêreld aan te bied. “Dit het nie net geld of graan gereën nie, maar hoop,” sê Jannie de Villiers (Uitvoerende Hoofbestuurder van Graan SA). Die top-bywoningsyfer het alle verwagtinge oortref en positiewe terugvoer van uitstallers het bevestig dat hulle goeie besigheid gedoen het. Ideale weerstoestande het ongetwyfeld bygedra tot die uiters suksesvolle 50ste Oesdag wat aangebied is. Vanjaar se NAMPO Oesdag het weereens verwagtinge oortref met iets vir elke lid van die familie. Voor sit Chris Schutte (Astral HUB) en Francois Strydom (Senwes, Groep HUB) en agter staan Andy Crocker (Meadow Feeds BD) en Christo Booyens (Tradevantage BD) besig om die mielie­verskaffings­ ooreenkoms te teken. 24 JUN/JUL 2016 • SENWES Scenario Die John Deere stalletjie het die besoekers se tonge los gehad oor die John Deere 9570 RX trekkerbekendstelling. Een van die R6,3 miljoen trekkers is reeds binne die eerste 15 minute na die bekendstelling verkoop. Altesaam nege modelle is binne die eerste twee dae van die NAMPO Oesdag bespreek en verkoop. Senwes het ook weer vanjaar groot opslae gemaak by NAMPO Oesdag. Senwes was in die bevoorregte posisie om namens Engen R1 miljoen vir die Droogterampfonds aan Agri SA te skenk. Senwes het ook hande gevat met Astral, ‘n toonaangewende, geïntegreerde pluimveeprodusent in Suid-Afrika. Op 18 Mei 2016 te NAMPO Oesdag is ‘n mielieverkaffingsooreenkoms geteken deur Francois Strydom (Senwes, Hoof Uitvoerende Beampte), Chris Schutte (Astral Hoof Uitvoerende Beampte), Andy Crocker (Meadow Feeds Besturende Direkteur) en Christo Booyens (Tradevantage Besturende Direkteur). Francois is opgewonde oor die vennootskap met Astral. “Senwes is bevoorreg