Senwes Scenario Junie / Julie 2016 | Page 23

HANDELSNUUS •••
Die boerderyspan . Van links is Phineas Kotola , Aaron Motete , Petrus Motete , Jan Majoro , Simon Nombeu , Rianette van der Linde en DJ van der Linde . is steeds in ’ n 100 % werkende toestand is . Hy het ook John Deere trekkers uit die 70 ’ s en 80 ’ s . “ Dit is verseker kanniedood trekkers ,” sê DJ trots . Sy planter wat hy jaar na jaar gebruik is al 40 jaar oud en word opgekikker met die nuutste tegnologie .
Prof . Pieter Fourie , Assosiaatprofessor by die Sentrale Universiteit vir Tegnologie ( SUT ) Vrystaat Departement van Landbou en sameroeper van die beoordelaars , sê dat die droogtetoestande die beoordeling bemoeilik het . Vir DJ het die droogte hom nader aan sy Skepper gebring en weer laat besef waar alles vandaan kom . Hy en sy werkspan ( 10 manlik en 3 vroulik ) het saamgestaan en hard gewerk om steeds ’ n suksesvolle oes te lewer . “ Ek boer nie om geld te maak nie . Ek boer vir 10 ander gesinne .” DJ is ’ n goedhartige man wat betrokke is in sy gemeenskap . Om ‘ n paar voorbeelde te noem is DJ betrokke by Graan SA en Vrystaat Landbou . Hy diens ook tans die Vierfontein-pad en help ook Vierfontein Polisiestasie sou hulle probleme met hul voertuie kry . Hy het ’ n gemeenskapskietbaan begin en ’ n sokkerveld vir sy werknemers uitgelê en bied gereeld sy hulp by die skool en kerk aan .
“ Ek boer ook baie by Senwes , Bothaville-tak . Ek is mal oor die mense daar ,” sê DJ met ’ n glimlag . Hy is betrokke by Senwes se klanteforum en sal baie graag ’ n produksielening by Senwes wil aangaan en geniet die Grainlink App , “ dit is baie smart ”. Tydens die kompetisie het Senwes ook vir DJ ondersteun .
Met Senwes stewig agter DJ , wens ons hom sterkte toe vir die finale been van die nasionale kompetisie .
21