Senwes Scenario Junie / Julie 2016 | Page 18

••• HANDELSNUUS
Ben Burger hou jou beursie in veilige bewaring as verhoudingsbestuurder op Bultfontein
Hier is Boeta du Toit ( HUB , Agri NW ), Pierre Vercueil ( President , Agri NW ), John Griffiths ( Agri NW Jongboer van die Jaar ), Callie Buitendag ( Santam Landbou ), Magnus Theunissen ( uittredende Voorsitter , Jongboervereniging , Agri NW ) en Gideon van Zyl ( nuutaangestelde Voorsitter Jongboervereniging , Agri NW ).

Senwes borg Agri NW Jongboervereniging

SENWES WAS weereens ’ n borg van die Agri NW Jongboervereniging se konferensie wat op 22 April by die NWK Opleidingsentrum in Lichtenburg gehou is . Die geleentheid is goed bygewoon deur jong boere uit die Noordwes provinsie sowel as plaaslike mediaverteenwoordigers . Verskeie kundige sprekers het die konferensie toegespreek oor sake wat betrekking het op landbou en die landbouwaardeketting . Certisure se BD , Daan Hugo , het Certisure se risikobestuursmodel met die konferensie gedeel , wat aangesluit het by die tema van die konferensie , naamlik “ Bestuur van Kritiese Landbourisiko ’ s ”. Die konferensie is voorafgegaan met ’ n gala-dinee die vorige aand , waar mnr John Griffiths aangewys is as die Agri NW Jongboer van die Jaar .
Ander hoogtepunte van die konferensie het voorleggings ingesluit oor die toekoms van landbou deur mnr Jerome Yazbek , Direkteur van AgriSig , ondersteun deur ’ n paneel van AgriSig bestaande uit mnr Danie Bruwer , Hoof van Bemarking , mnr Marinus le Roux , Landboukundige Produkontwikkeling en me Chantel Yazbek , HUB . Mnr Jacques van Wyk , Silobestuurder by NWK Silodienste , het gepraat oor “ Hoe om jou landboubesigheid met gemak te bestuur ”, terwyl mnr Claude Peters , BD van RenEnergy Africa ’ n interessante praatjie aangebied het oor sonenergie in ’ n aanbieding getiteld “ Neem beheer van jou energie ”.

Ben Burger dra jou beursie vir jou

Hoopstad se Verhoudingsbestuurder , Ben

Burger , bestuur sommer jou sake vir jou . So sien Ben sy werk en hy noem dat hy sommer die ouens se beursies wil dra .
As gebore Bultfonteiner het hy reeds in 1980 as handelsverteenwoordiger vir Senwes begin werk en trekkers en implemente verkoop . Hy is in 1993 na die Handeldepartmente oorgeplaas as assistent takbestuurder op Bultfontein en van 1996 tot 1998 was hy takbestuurder op Luckhoff . Hy was ook die meganisasiebestuurder in Bloemfontein in 1999 . Na ‘ n kort breek as bestuurder by Afgri op Hoopstad , is hy weer in 2005 terug na Senwes Bultfontein as insetbemarker , wat later na verhoudingsbestuurder verander is . “ Die ouens hier ken my gelukkig en danksy die Here se genade kon ek weer terug op my spoor kom .” Daar was dus dadelik ‘ n vertrouensverhouding en kon hy sy aandag fokus op verhoudings met al die verskaffers .
Sy filosofie om die klant se beursie te dra , streef hy al sedert sy begindae na en met sy produkkennis ten opsigte van direkte insette , soos kunsmis en saad , asook sy meganisasie agtergrond en 36 jaar ondervinding , is Ben die regte man vir werkgewer en klant .
Ben het werklik sukses behaal toe hy die omset by Bultfontein van R26 miljoen in een finansiële jaar na meer as R200 miljoen verhoog het . Hy het intensief daarop gefokus om klante se besigheid na Senwes te bring . “ My verhouding met my klante is reg en Senwes het buitedien ‘ n goeie produk .”
Die 67-jarige Ben geniet sy werk soveel dat sy kontrak al vir die agtste keer hernu is . Hy sal voort - aan steeds verhoudings bou en sy werk as verhoudingsbestuurder van nou af amptelik as debiteureklerk voortsit .
Ben is al vir die afgelope 38 jaar met Estellle getroud en hulle het drie kinders . Tommie volg in sy pa se voetspore en doen basies dieselfde werk as sy pa by ENB , Bennie bestuur eiendomme en Riané is getroud met ‘ n jong boer van die omgewing , Theuns du Bruyn .
16 JUN / JUL 2016 • SENWES Scenario