Senwes Scenario Junie / Julie 2016 | Page 17

N UUS Bora as kind saam met sy oupa, Andrew Aphiri. ••• Hier is Bora se kinders Onthathile en Leano. SINVOLLE BOERDERY Die familie het hierdie jaar besluit om slegs 80 hektaar te plant in ’n poging om die risiko wat die droogte inhou, te verlaag. “In retrospek besef ek nou dat ons meer kon plant, maar op daardie stadium was die risiko te groot.” Hy het besluit om 45 hektaar witmielies en 35 hektaar geelmielies te plant. Toe Senwes Scenario hom besoek het, was hulle besig met die maak van bale om te verkoop. Die verkoop van die bale en die huurinkomste wat hulle ontvang help met hul kontantvloeisituasie - iets waarmee die meeste boere bekend is. PERSONEEL Bora het twee werknemers op sy plaas, wat hom met alles help. Hy vertel dat daar vyf huise op die plaas is wat hy van die regering huur en waarin sy werknemers en ander mense woon. “Ek sorg vir my personeel deur ’n huis, elektrisiteit en water aan hulle te voorsien. ” FAMILIE Die vrou in Bora se lewe is Boitumelo en hulle ken mekaar reeds sedert hul hoërskooljare. Hulle het twee kinders, ’n seun Onthathile (2) en ’n dogter Leano, wat 5 maande oud is. Sy gesin woon in Mafikeng maar hy besoek hulle so gereeld as moontlik. SY MENTOR Sy mentor in boerdery is Herculas Willemse, ’n groot kommersiële Bora Monyatsi, ’n selfversekerde jong boer op sy plaas. boer in die gebied. Hy sê altyd ek moet soveel as moontlik van hom leer terwyl hy nog hier is, wat presies is wat Bora doen. SENWES Hy het groot respek vir Senwes Landboukundige, Julias Ramohlabi. “Julias is soos ’n ouer broer vir my. Ons respekteer mekaar en hy het baie begrip vir my situasie.” Benewens die ondersteuning wat hy van Julias ontvang, lewer Senwes ook ander dienste, soos die verskaffing van lenings aan boere. Hy is ook gelukkig dat sy plaas slegs 3 kilometer vanaf die naaste Senwes silo is, naamlik Raathsvlei silo. MOTTO Hy glo daaraan dat ’n mens nie bang moet wees om jouself te wees nie. As Christen maak Bora die stelling dat hy sterk genoeg is om all uitdagings te aanvaar. “As ’n mens nie so nou en dan swaarkry nie, sal jy nie in staat wees om uitdagings te bowe te kom nie. ” MOEILIKE TYE Bora erken dat dinge soms moeilik kan raak. Wanneer dit gebeur pas hy die raad toe wat hy by ’n motiveringspreker / sielkundige gekry het. “Nou en dan gaan ek uit veld toe en ek skree so hard as wat ek kan. Ek het geleer om te skree waar niemand my kan hoor nie. Die veld is my terapeut.” WAT HY GELEER HET Een ding wat hy geleer het is dat ’n boer se werk nie klaar is wanneer die werksdag verby is nie. Hy het ook geleer om sy besittings op te pas. Hy verwys hier na veediefstal, wat sedert 2014 al vir hom ’n probleem is. Op een stadium is 52 beeste gesteel, waarvan 27 teruggevind is. Die kudde het sedertdien tot 37 uitgebrei. Na twee jaar in die boerdery lyk dit of Bora hoogtepunte en laagtepunte beleef het, wat hom ongetwyfeld slyp tot ’n uitstekende boer. Mag die naam “Geskenk van Reën" 'n aanduiding wees van wat in die toekoms vir Bora voorlê! SENWES Scenario • JUN/JUL 2016 15