Senwes Scenario Junie / Julie 2016 | Page 16

••• NUUS

Bora ’ n gebore boer !

Die gawe van boerdery reën op hom neer

ONTMOET BORA MONYATSI , ’ N ENER- GIEKE EN BELOWENDE JONG BOER ! DIE MEESTE BOERE BEGIN REEDS OP ’ N BAIE VROEË OUDERDOM LEER OOR BOERDERY DEUR DEEL TE WEES VAN DIE DAAGLIKSE BOERDERY AKTIWITEITE OP ’ N PLAAS . DIT WAS EGTER NIE DIE GEVAL MET BORA NIE .
GEDWING OM TE BOER Bora is letterlik geforseer om te gaan boer toe beide sy ooms , Pule Monyatsi en George Letlojane , binne ’ n jaar na mekaar oorlede is in 2013 en hy vanaf 2014 hulle skoene moes volstaan . Sy pa Wesley , wat ’ n sekuriteiteklerk by Senwes hoofkantoor in Klerksdorp is , was die een wat besluit het om Bora aan die diep kant in te gooi .
DIE BEGIN Die enigste opsie wat om te leer swem . Bora was doodbang vir beeste as ’ n kind . Hy het egter die uitdaging aanvaar , met ’ n brokkie raad van sy pa . “ Jy moet boer vir die liefde daarvan - nie vir geld nie .” Daarmee het sy passie vir boerdery begin ontwikkel .
AUBREY KRUGER
Verskillende wêrelde ! Bora se plaas is in die voorgrond met Sasolburg , Vanderbijlpark en Vereeniging in die agtergrond .
Sy gunsteling is ’ n ou foto van homself , met ’ n boerbok , en sy oupa , Andrew Aphiri . Hy dink dikwels daaraan dat die foto hom die idee laat kry dat hy gebore is om te boer .
’ n Mens moet sommer van meet af aan besef dat jy foute gaan maak . Toe hy vir die eerste keer begin plant het , moes hy summier ophou nadat een van sy werkers , Elias Dlamini , hom daarop gewys het dat hy nie ’ n merker gebruik het nie . Alhoewel hy toe reeds twee hektaar mielies geplant het , moes hy eenvoudig stop en oor plant , maar hy het uit sy foute geleer .
Nou , na twee jaar op die plaas , is hy vol selfvertroue en weet hy presies wat hy wil hê . Hy ken onder meer die verskillende kultivars , hy weet hoe om ’ n trekker te bestuur , hoe om te plant en die grond voor te berei .
GROOTWORDJARE Bora is in Mafikeng gebore en praat vlot Engels . Hy is nou 29 jaar oud en ’ n energieke jong man . Hy het verskeie skole bygewoon in Klerksdorp , Stilfontein en Potchefstroom in die Noordwes provinsie en in 2005 by Milner High School gematrikuleer . Bora het Siviele Ingenieurswese en Inligtingstegnologie studeer voordat hy oorgeskakel het na Bemarkingsbestuur , waarin hy ’ n diploma by Unisa verwerf het .
DIE JARE VOOR BOERDERY Na voltooiing van sy studies het Bora onder andere as rekeningadministrateur by Standard Bank gewerk en as verkoopsman by Discovery , voordat hy in landbou “ ingedwing ” is .
SY PLAAS Bora boer op die plaas Pula Ke Khumo – Trading One . Rofweg vertaal beteken dit “ Reën is ’ n Geskenk ”. Pula Ke Khumo beslaan 1 365 hektaar , waarvan 450 hektaar bewerkbare grond is .
Die plaas het hierdie jaar sy naam gestand gedoen , selfs gedurende die droogte , aangesien hulle volgens Bora 600 mm reën oor die afgelope jaar ontvang het , terwyl hulle normaalweg tussen 450 mm en 600 mm ontvang . Dit was egter nie die geval op al die plase in die Vereeniging gebied nie - reën het plek-plek voorgekom en baie boere was nie so gelukkig nie . Bora het 600 hektaar gebruik vir weiding en hy verhuur die oorblywende grond aan ander boere in die gebied .
14 JUN / JUL 2016 • SENWES Scenario