Senwes Scenario Junie / Julie 2016 | Page 15

PRO MO SIE -A R T IKE L ••• NASIONALE VOETSPOOR D     ie toekomsdroom van Ters Pretorius van Telwiedré Voere om die handelsmerk lands­ wyd uit te brei, het daartoe gelei dat satellietfabrieke (of -aanlegte), in vennootskap met ander families, ontwikkel is. Telwiedre Voere, wat in 1997 ontstaan het, het in 2012 in vennootskap met die Botha-familie van Vissersdam in die Trompsburg-distrik, sowel as met die Van Zyl-familie van Thuso Meule by Bothaville in 2014 gegaan. Johan Botha is die direkteur van die Trompsburg-aanleg en Thabo van Zyl is die direkteur van die Thuso Voere-aanleg. Die aanleg op Trompsburg spesialiseer in die vermenging van skaapprodukte, maar kan ook lekke vervaardig en die twee aanlegte in Heilbron, sowel as die een in Bothaville, is multispesie-meulens, wat lekke afsonderlik kan vervaardig. Dit maak dit moontlik om Telwiedré-produkte so wyd as die Oos-Kaap, Noordwes, Vrystaat, Gauteng, dele van Limpopo en KZN te kan versprei. Bemarkers is aktief besig in al die streke om bestaande en voornemende klante van raad te bedien. Telwiedré maak gebruik van die beste veevoedingkundiges ter wêreld om die bemarkers in hul taak by te staan. Telwiedré Voere is geakkrediteer by en word gereeld geoudit deur Dekra (ISO9001:2008); AFMA (Safe Feed for Safe Food), sowel as AfriCompliance wat spesialiste is in Afrika vir die bestuur van risiko’s en die nakoming van wetlike vereistes in die veevoerbedryf. Dit is om te verseker dat Telwiedré Voere se bestuur- en kwaliteit­ stelsels op wêreldstandaard is en bly. Die drie direkteure (eienaars) van die verskillende aanlegte is almal aktiewe produsente en het dus baie empatie met die omstan- dighede van produsente. Weens die onlangse en huidige landswye droogtetoestande doen hulle alles binne hul vermoë om produsente by te staan. ’n Bewys van hul ondersteuning aan produsente is die droogtehulp en -promosies (spesiale korting) wat einde Desember 2015 aangebied is en weer tans via koöperasies of handelswinkels op sommige produkte van krag is. Kontak gerus die hoofaanleg op Heilbron by 058 852 2742 vir meer inligting. Pieter Möller, Johan Botha, Thabo van Zyl en Ters Pretorius tydens die opening van Thuso Voere. Telwiedré se produksie-aanleg, Heilbron SENWES Scenario • JUN/JUL 2016 13