Senwes Scenario Junie / Julie 2016 | Page 13

KOLLIG •••
Herman Meiring en sy vrou Tertia .
Herman boer met onder andere beeste , skape en varke .
Man wat altyd sy hulp aanbied , al benadeel hy homself .” Hulle spot dat hulle eintlik hul hele lewe lank al saam is , want hulle is immers in dieselfde hospitaal gebore , slegs vier dae uitmekaar . Hulle kroos bestaan uit Anneke , Aletia en Darien en sommer gou voeg hulle Dirk Gouws , ’ n produsent van die distrik , se naam by . Hy is met Anneke getroud . “ Hulle is ons kinders . Ek sê graag hier ook dankie vir my vrou en kinders . Hulle kom gewoonlik tweede met die ‘ sport ’ waarmee ons besig is .”
DIE HELE BULTFONTEIN Naas die familie is die hele Bultfontein distrik op sy hart . Soos jy deur die Bultfontein area navraag doen , kom jy agter Herman is waarlik soos ’ n pa vir die gemeenskap . Iemand wat uitkyk vir hulle . G ’ n wonder dat Herman , saam met nog ’ n paar ander , op ’ n stadium 52 projekte gelyklopend bedryf het . Onder hierdie tel die lughawe , paaie en talle ander .
SAMEWERKING Herman voeg by dat ’ n mens niks sonder samewerking en kommunikasie kan regkry nie . Hy
glo daaraan om oral betrokke te wees . Hy was vanaf 2008 tot 2012 die voorsitter van Bultfontein Distrikslandbou en in April 2016 is hy weer tot die amp verkies . Samewerking en kommunikasie van bo tot op grondvlak sorg dat die regte seine uitgestuur word . Hy organiseer sommer vinnig ’ n samekoms . Hoekom ? “ Een ding het ek geleer . ’ n Mens praat altyd saam met mense , mens praat nie alleen nie .”
WERKERS Sy deernis met die hele Bultfontein syfer ook deur na sy werkers . Na talle mense werk kom soek het , het Herman in 2015 besluit om ’ n werkskeppingsprojek van die grond af te kry . Dit is ’ n plaashekprojek waarby ’ n hele paar werkers betrokke is . Die manne is baie gelukkig hier op Geluk en kry behuising , ’ n salaris en ’ n kommissiestelsel is ook van krag . Herman noem dat die projek tans , vanweë die droogte , meesal op ’ n bestellingsbasis werk , alhoewel hulle besig is om reg te maak vir die mark wanneer die landbousektor weer sy kop oplig . Hy wil graag hier ook met Senwes saamwerk . Herman is al sedert
1988 as lid by Senwes betrokke en doen sy aankope deur Senwes . Die Landboudienste-afdeling doen ook kartering vir Herman .
HERMAN STAAN ALTYD OP Geanker in sy geloof het Herman al donker tye in boerdery beleef , maar die gemeenskap is wonderlik hier in Bultfontein waar mense mekaar probeer help .
> VERVOLG OP BLADSY 12
SENWES Scenario • JUN / JUL 2016
11