Senwes Scenario Junie / Julie 2015 | Page 8

••• HO OF STOR I E nie arbeiders nie. Top vlakke van regering moet reageer en nie vertragings bewerkstellig nie. • Die regering moet ophou om opruiende en ongegronde verklarings te maak wat onsekerheid in die mark veroorsaak. Op dag 2 het die paneel wat Grondhervorming en Finansieringsmodelle bespreek het, bestaan uit: Chris Venter (Hoof Uitvoerende Beampte, Afgri), Joe Maswanganyi (Groep Uitvoerende Direkteur, Senwes), Mondli Makhanya (Redakteur, City Press), Roelf Meyer (Voorsitter: Inisiatiewe vir Transformasie), Schalk Pienaar (Voorsitter, Agbiz), prof. Ferdinand Meyer (Direkteur, BFAP); dr Pieter Mulder (Voormalige Adjunk-Minister van Landbou); Japie Grobler (Voorsitter, ASUF); Jacques Taylor (Besturende Direkteur, John Deere Financial), Pierre Venter (Algemene Bestuurder: Banking Association of SA) en Johannes Möller (President, Agri SA). Vanuit hierdie bespreking • 6 het die volgende sleutelpunte voortgespruit: • Alle rolspelers stem saam dat verandering noodsaaklik en onafwendbaar is. • Landbou is ‘n ondersteunende faktor vir ‘n suksesvolle ekonomie. • Wat stabiliteit aanbetref, rangeer die SuidAfrikaanse banksektor derde in die wêreld. • Grondhervorming is ‘n emosionele kwessie vir al die partye wat daardeur geraak word en daar moet brûe gebou word tussen die partye om volgehoue dialoog te verseker. • Besprekings moet nie langer agter geslote deure gehou word nie, maar saam met die hoofstroom media. Op dag 3 het die bespreking na natuurlike hulpbronne verskuif. Bydraers tot hierdie dialoog het ingesluit: Marion Shikwinya (Besturende Direkteur, Harvest Time), Mike Stead (Bestuurder: Kommersiële Brandstof, Verkope en Bemarking, Engen), dr Hendrik Smith (Bewaringslandboufasiliteerder, June/July 2015 • SENWES Scenario Graan SA), Charl Senekal (Eienaar, Senekal Boerdery), dr Marlene van der MerweBotha (Wetenskaplike,Water Group Holdings), Gawie van Heerden (Bemarkingsdirekteur, Consortium Operations)Boeta du Toit (Uitvoerende Hoofbestuurder, Agri-NW) en prof Johann Kirsten (Hoof: Departement Landbouekonomie, Voorligting en Landelike Ontwikkeling, UP). Die sleutelpunte uit hierdie dialoog was die volgende: • Boere en regerings kan dinge saam vinniger laat gebeur, soos bewys deur Charl Senekal se waterpyplyninisiatief in KZN. • Boere moet hulle eie goeienuusstories deel en andere aanmoedig om selfs meer te doen. • Suid-Afrika se natuurlike hulpbronne is baie beperk in soverre dit beboubare grond, sowel as water aangaan. • Verstedeliking (urban creep) is ‘n werklikheid en teen 2030 sal tot 70% van die bevolking verstedelik het en gevoed moet word. Op dag 4 het die reeks besprekings afgesluit met ‘n beskouing van tegnologiese integrasie en die toekoms van tegnologie in die landbou. Die paneellede het ingesluit: Rashied Davids (Hoof Inligtingstegnologiebeampte, AFGRI Groep), Richard Hobson (Graan SA se Produsent van die Jaar 2014);\, Andrew Bennet (Bestuurder, Tegniese Ontwikkeling, Monsanto Afrika), Len Brand (Besturende Direkteur, John Deere), Niel Joubert (VisePresident, Agri Wes-Kaap), Jannie de Villiers (Hoof Uitvoerende Beampte, Graan SA), Martin