Senwes Scenario Junie / Julie 2015 | Page 6

••• HO OF STOR I E NASIE IN GESPRE K IS ‘N BESPREKINGSPLATVORM WAT ONDER LEIDING VAN SENWES, SAAM MET VENNOTE, GELOODS IS VIR LEIERS VANUIT VERSKILLENDE AFFILIASIES, POLITIEKE AGTERGRONDE EN BESIGHEIDSEKTORE. H ierdie verskillende denkrigtings word dan saam gegooi ten einde landbousake van nasionale belang te bespreek en te debatteer. Vanjaar is daar weer ‘n reeks besprekings by Nampo verfilm en na verwagting het die kwaliteit na ‘n volgende vlak gestyg. Een van die hoogtepunte was toe die Minister van Landbou, Senzeni Zokwana, op die eerste dag by die paneel aangesluit het om arbeidsverhoudinge in die landbousektor te bespreek. Dit is die eerste Minister van Landbou sedert 2004 wat die Nampo Oesdag bywoon. Hopelik kan sy bywoning as ‘n aanknopingspunt gebruik word om oplossings vir die uitdagings in die landbousektor deur middel van dialoog te vind. Nog ‘n eerste vir Nampo en Nasie in Gesprek was vanjaar se 4 deelname van hoofstroom media soos die Sowetan, City Press en die Mail & Guardian. Tydens die besprekings by Nasie in Gesprek was daar algemene konsensus onder paneellede oor die groter rol wat die media moet speel om goeienuusstories in die landbou tot ‘n groter mate te promoveer. Verbruikers van agri-produkte moet beter opgelei word oor die belangrikheid van landbou as ‘n bron van voedselsekuriteit. Daar was ‘n atmosfeer van welwillendheid en ‘n besonderse gevoel van samehorigheid onder die paneellede en dit was duidelik dat dialoog inderdaad die oplossing vir die kwessies wat op die landboutafel lê, is. Dit is ook duidelik dat almal saamstem oor die interafhanklikheid van rolspelers en dat landbou een van die hoekstene van ‘n gesonde ekonomie en welvarende nasie is. Nampo organiseerders, Graan June/July 2015 • SENWES Scenario SA, het na die Nasie in Gesprek opname oor arbeidsverhoudinge ‘n persverklaring uitgereik waarin hulle dit duidelik maak dat die organisasie by uitstek ten gunste van transformasie is. Die verklaring verwerp egter die regering se 50-50 voorstel of grondplafonvoorstelle. Jannie de Villiers, Hoof Uitvoerende Beampte, Gaan SA, het gesê swart sowel as wit graanprodusente is ten gunste van grondhervorming in die Nasionale Ontwikkelingsprogram – 20% grond teen 2030 op ‘n distriksbasis – en dat Graan SA ‘n bydrae moet lewer om te verseker dit word ‘n realiteit. Die kwessies wat oor die vier dae by Nasie in Gesprek bespreek is het die volgende ingesluit: Dag 1: Arbeidsverhoudinge; Dag 2: Grondhervorming en Finansieringsmodelle; Dag 3: Hulpbronne en Dag 4: Tegnologiese Integrasie. Senwes was die hoofborg, ondersteun deur mede-borge Engen, John Deere en Monsanto. Besoekers het in hul duisende gekom om die 650 uitstallings van plaaslike en internasionale rolspelers in die agri-waardeketting te geniet. Die Hinterland stalletjie in besonder was ‘n miernes van bedrywighede. Die Grainlink stalletjie het op sy beurt die produsent bloot gestel aan sy innoverende Basislink graanverhandelingsmodel. Internasionale uitstallings het agri-produkte en toepassings van lande soos Argentinië, VSA, Frankryk, Italië, Israel, Brasilië, Duitsland, Turkye, Denemarke, Sjina, Kanada en Indië ingesluit. Die bekende ekonoom,