Senwes Scenario Junie / Julie 2015 | Page 58

••• D RUPPDEI LS OP DI E DA K VROUE N AM IKA DS. JACKIE VAN ZYL My GESINdheid teenoor my GESIN D ie woord gesindheid begin nie verniet met die letters GESIN nie, want dit is juis in die teenwoordigheid van ons gesinne wat ons gesindheid so ekstra belangrik is! Om meelewend, goedgesind, nederig, sagmoedig en verdraagsaam te wees, is oor die algemeen nie baie maklik nie, maar meeste van ons probeer darem om so op te tree. Die probleem is egter dat dit vir meeste van ons makliker is om hierdie waardes teenoor kennisse, vriende en vreemdelinge uit te leef, as teenoor ons gesinne. Dit is natuurlik so dat ons gesinne ons veilige ruimte is waar ons kan ontspan en net onsself kan wees. Maar ongelukkig gebeur dit veral in tye wat ons bekommerd of gespanne is, dat ons GESINdheid teenoor ons gesinne veel te wense laat. Dit is dan veral in hierdie moeilike tye wat ons eerder afsydig is as meelewend, dat ons eerder nors is as goedgesind, en dat ons eerder kwaai en ongeduldig is as sagmoedig en verdraagsaam. Ons gesinne is die mense wat ons liefhet en ons ondersteun, wat omgee en wil luister en daarom is dit 56 KOLOSSENSE 3:12 “JULLE IS DIE UITVERKORE VOLK VAN GOD WAT HY BAIE LIEF HET. DAAROM MOET JULLE MEELEWEND, GOEDGESIND, NEDERIG, SAGMOEDIG EN VERDRAAGSAAM WEES.” belangrik dat ons ‘n mooi gesindheid teenoor hulle sal openbaar, selfs al kry ons swaar. Die ander kant is natuurlik ook waar, dit is net so belangrik dat ek June/July 2015 • SENWES Scenario ‘n gesindheid van liefde, ondersteuning en omgee sal openbaar in ‘n tyd van ‘n ander gesinslid se swaarkry en kommer...selfs al is hy of sy ietwat van ‘n bitterbekkie.