Senwes Scenario Junie / Julie 2015 | Page 54

••• RUBRVI KOS I ER K D I E SI E L DS. WILLIE BOTHA Aan die voete van Jesus LEES MARKUS 5:1-20 VOOR JESUS SE VOETE HET VERSKEIE AANGRYPENDE TONELE AFGESPEEL. MENSE WAT SIEK WAS SOOS DIE MELAATSE IN MARKUS 1. LATER KOM ‘N ANDER MELAATSE OP SY KNIEË VOOR JESUS DANKIE-SÊ VIR SY GENESING. JAÏRUS KOM PLEIT VIR SY DOGTERTJIE SE LEWE VOOR JESUS. MARKUS 10 VERHAAL VAN ‘N MAN WAT VOOR JESUS NEERGEVAL HET EN WOU HOOR WAT HY MOET DOEN OM DIE EWIGE LEWE TE BEËRWE. OOK PETRUS VAL VOOR JESUS NEER EN BELY DAT HY ‘N SONDIGE MAN IS. E en van die roerendste verhale is egter dié van die besetene van Gerasa. Sodra Jesus en sy dissipels voet aan wal sit, kom ‘n man met ‘n onrein gees na Jesus aangehardloop. Sy reputasie word treffend beskryf: Hy was buitengewoon sterk en het selfs kettingboeie gebreek. Verder het hy dag en nag tussen die grafte geskreeu. Hy het homself met klippe stukkend gekap. Volgens antieke Joodse geskrifte het hy aan al die kriteria voldoen om as ‘n besetene beskou te word. Nodeloos om te sê, het sy gedrag vrees en bewing in die omgewing veroorsaak. Maar dan gebeur die onverwagte: 52 Waar ander mense van hom af weghardloop, kom hy na Jesus gehardloop. Jesus hardloop nie weg nie. Sy vraag aan Jesus is ironies: “Wat het U met my te doen, Jesus, Seun van God, die Allerhoogste?” Dit is interessant dat Hy Jesus se titel so volledig beskryf. Net asof hy nie anders kan as om Jesus te bely vir wie Hy werklik is nie. Jesus wys egter vir hom dat Hy alles met hom te doen het. Hy maak hom gesond. Die mense van die omgewing was verbaas en het groot geskrik toe hulle hom by die voete van Jesus, by sy volle verstand en gekleë, sien sit. Jesus laat hom nie toe om saam met June/July 2015 • SENWES Scenario Hom te gaan nie. Hieroor is daar al baie bespiegel. Dalk het Jesus net besef dat hy eers sy verhoudinge in sy omgewing moet herstel. Dit sou vir hom ‘n veilige hawe wees. Die mense sou die geleentheid kry om hom weer in hulle gemeenskap op te neem. Kort voor hierdie wonderwerk het Jesus die storm op die see van Galilea stilgemaak. Net hierna het Jesus Jaïrus se dogtertjie uit die dood opgewek. Jesus wys sy heerskappy oor die natuurkragte, bose magte en die dood. Maak nie saak wat ons situasie is nie, ons word ook uitgenooi om voor die voete van Jesus heel te word. Maak nie saak hoe groot ons sonde, siekte of bekommernis is nie. Aan die kruis bewys Hy dat Hy alles met jóú en mý te doen wil hê. • Aangrypende tonele het voor Jesus se voete afgespeel • Jesus hardloop nie weg van mense met groot probleme nie • Geen krisis is vir Jesus te groot nie • Jesus het alles met ons almal te doen – Hy wys en bewys dit aan die kruis