Senwes Scenario Junie / Julie 2015 | Page 47

A G R I-W E N K E ••• RIGLYN VIR DIE AANPASSING VAN SKAPE OP OESRESTE OF WEIMIELIES (NIEMAND & VAN PLETZEN, 2003) Dag 1-2 3-4 5-6 7-8 9-10 11-12 13-14 15 Heel mielies (g/skaap/dag) 200 300 400 500 600 700 800 Bewei OESRESTEBERAMING OP MIELIELANDE MET VERSKILLENDE GRAANOPBRENGSTE Graanopbrengs (ton/ha) 2,0 2,5 3,0 4,0 Ruvoer beskikbaar (ton/ha) 2,4 3,0 3,6 4,8 Ruvoer vir beweiding (ton/ha) (40% benutbaar) 0,96 1,2 1,44 1,92 Graan op lande (stroopverlies) (kg/ha) 100 150 200 350 3 4 en hoër RIGLYNE VIR DIE WEIKAPASITEIT VAN MIELIERESTE VIR BEESTE (GVE/HA) Graanopbrengs (ton/ha) Grootveeweidae/ha 2 90 120 150 GVE/ha GVE/ha GVE/ha 30 dae 3,0 4,0 5,0 60 dae 1,5 2,0 2,5 90 dae 1,0 1,3 1,7 Weiperiode Aangeplante weidings soos Smutsvinger asook natuurlike veld kan as staande hooi benut word. Dit is raadsaam om steeds wisselweiding toe te pas. Groenvoer byvoorbeeld hawer en Japanese Radys behoort in vol produksie te wees en reg om te bewei. Sorg dat daar genoeg kampe is, sodat wisselweiding kan plaasvind of maak gebruik van elektriese drade om drukbeweiding toe te pas. LANDBOU-EKONOMIE Gegewe hierdie jaar se droogte, gaan talle produsente na afloop van die seisoen met oorlaatskuld te make hê wat bestuur moet word. ‘n Opsie is om die oorlaatskuld te konsolideer in ‘n termynlening wat dan oor tyd terugbetaal kan word. Vir dit om te gebeur, is van die vereistes dat die produsent se balansstaat steeds oor ‘n aanvaarbare skuldlasverhouding sal beskik. Wanneer daar ‘n waarde geplaas word op die grond wat dien as sekuriteit, is dit krities dat daar onderskeid getref word tussen markwaarde en produktiewe waarde. Die produktiewe waarde is dit wat die produsent kan uitboer op dieselfde stuk grond. Hoë grondpryse van die afgelope paar jaar kan aanleiding gee tot ‘n “kunsmatige” lae skuldlasverhouding sou vaste eiendom teen markwaarde in die balansstaat opgeneem word. ‘n Verdere en seker die belangrikste vereiste vir die skep van ‘n nuwe termynlening, is dat die produsent se kontantvloei (baseer op realistiese aannames) die paaiement van die nuwe termynlening moet kan dra. Die produktiewe waarde van die grond is in effek ‘n weerspieëling van die betaalvermoë(kontantvloei) van die boerdery. Dus, as die skuldlasverhouding bereken volgens die produktiewe waarde van die eiendom, binne die aanvaarbare norm is, en die kontantvloei laat die paaiement van die nuwe termynlening toe (sonder ‘n permanente dienooreenkomstige verhoging in oortrokke banksaldo), dan eers kan die produsent gerus wees dat sy boerdery die nadelige effek van die droogte sal kan absorbeer. Indien dit nie die geval is nie, sal oorweging geskenk moet word aan gedeeltelike realisering van bates ten einde oorlewing oor die langtermyn te verseker. SENWES Scenario • June/July 2015 45