Senwes Scenario Junie / Julie 2015 | Page 46

••• AG RI - W E N K E JACQUES ODENDAAL, PETRUS VAN STADEN, GERRIT OOSTHUIZEN, JOHAN DU TOIT EN GEORGE LE ROUX RIGLYNE EN WENKE DIE NOORDWES- ASOOK DIE SUIDWESTELIKE GEDEELTE VAN DIE SENWES BEDIENINGSGEBIED HET GEDURENDE MAART MINDER REËN AS DIE RES ONTVANG. GEVOLGLIK IS DIE EFFEK VAN ‘N DROË FEBRUARIE 2015 IN SOMMIGE DISTRIKTE VERERGER. ‘n Vergelyking van die hele Senwes gebied se totale kumulatiewe reënval met die langtermyn kumulatiewe reënval, toon aan dat die 2014/15 produksieseisoen amper ‘n gemiddelde reënval gehad het. Dit beklemtoon die effek van reënval verspreiding. Ten opsigte van veld het reën in die suidelike dele gelei tot uitstekende kwaliteit en kwantiteit veld. AKKERBOU Waardevolle data is in die 2014/15 seisoen gegenereer. Waar erge droogteskade was, behoort praktyke evalueer te word om potensiële aanpassings vir die komende seisoen te oorweeg. Handige hulpmiddels is bv. stroperkaarte, sowel as die grondkaarte. Maak seker dat die tegnologie vir datainsameling korrek funksioneer. Stoor data gereeld sodat dit nie verlore raak nie. Dié dele wat bevredigende opbrengste het, behoort tesame met die graanpryse, 44 positiewe marges te realiseer wat oordeelkundig benut behoort te word. GRONDKUNDE Grondpotensiaalbepaling en grondontledings is belangrike