Senwes Scenario Junie / Julie 2015 | Page 41

N UUS Ken jou CertiSure Makelaar – Brian Beets WAT DOEN JY TANS BY CERTISURE? Ek is ‘n korttermynmakelaar wat Klerksdorp, Hartbeesfontein, Ottosdal, Wolmaransstad en die omliggende omgewing bedien. WAT WAS JOU PLANNE NA SKOOL EN HOE HET JY DIT UITGEVOER? Ek het deur die myn gaan leer en daarna as ‘n IT-tegnikus gewerk, maar dit was nie vir my nie. Ek het toe ‘n geleentheid gekry om in hierdie bedryf te werk en nog nooit weer teruggekyk nie. HOE HET JOU LOOPBAAN GEVORDER? WAAR HET JY GESTUDEER EN GROOT GEWORD? Ek het in Stilfontein groot geword en ook daar skool gegaan. Na die tydjie by die myn en by die vorige makelary het ek in 2011 hier begin werk. HOE SIEN JY JOU TOEKOMS BINNE DIE MAATSKAPPY? Ek werk baie lekker saam al my kollegas en het nog baie plek vir groei. WAT IS DIE BESTE RAAD WAT JY KAN GEE VIR JOU KLIËNTE? Maak seker waarvoor is jy gedek! Praat met jou makelaar; heg waarde aan die advies wat hy jou gee. As hy sy geld werd is, sal hy jou reghelp! WAT DOEN JY IN JOU VRYE TYD? Ek is ‘n gesinsmens en spandeer die meeste van my tyd saam my gesin. Soms breek ek so ‘n bietjie weg met gholf, hengel en jag. IS JY GETROUD, HET JY KINDERS EN WAT IS HUL NAME EN OUDERDOMME? Ek is getroud met Alanda en het twee kinders, ons dogtertjie Lehanke, wat 4 jaar oud is, en ons seuntjie Ryan, wat 16 maande oud is. Hulle hou my redelik besig! Brian kan by [email protected] of by 018 431 0689 gekontak word •••