Senwes Scenario Junie / Julie 2015 | Page 40

••• ••• R UB R IE K Enige lasbriewe, dagvaardigings en ander ter saaklike dokumente moet onmiddellik aan die Versekeraar beskikbaar gestel en bystand verleen word ten einde die eis te skik of te betwis. GEEN ERKENNING Alhoewel jy so skuldig soos daglig is, mag jy as Versekerde géén erkenning van aanspreeklikheid teenoor ‘n Derde Party maak nie. Daar mag ook geen skikking of betalings aan die Derde Party gemaak word sonder die toestemming van die Versekeraar nie. VERJARING ‘n Eis verjaar na 24 (vier en twintig) maande en sal die Versekeraar geen verdere aanspreeklikheid aanvaar indien die nodige bewyse, bv. kwotasies, nie dan reeds ontvang is nie. Eise onder die volgende Afdelings is egter hiervan uitgesluit: Sake Onderbreking Eerliksheidswaarborg 1. Persoonlike Ongevalle 2. Eise wat die onderwerp van ‘n hangende hofgeding asook eise ten opsigte van jou as Versekerde se aanspreeklikheid teenoor ‘n Derde Party, is ook hiervan uitgesluit. Indien ‘n Versekeraar aanspreeklikheid ten opsigte van enige eis skriftelik ontken (repudieer of van die hand wys) het jy ‘n periode van ses (6) maande om skriftelik of by wyse van ‘n dagvaardiging die afwysing teen te staan of te bevraagteken. BEPERKING VAN AANSPREEKLIKHEID Jy kan nie teen meer as een Afdeling van die polis ‘n eis indien ten opsigte van dieselfde aanspreeklikheid, verlies of skade nie, met ander woorde ‘n aanspreeklikheidseis ten opsigte van ‘n motorongeluk kan nie ingedien word onder die Motor Afdeling sowel as Afdeling Persoonlike Regsaanspreeklikheid nie. Uit voorgemelde is dit dus duidelik dat daar op ons as Versekerdes ‘n groot verantwoordelikheid rus om eise glad en vinnig afgehandel te kry. In die volgende artikel gee ons aandag aan die laaste paar Algemene Voorwaardes waaronder Bedrog en Eerste Bedrag Betaal (bybetaling). Vir die doel van hierdie reeks artikels is die Santam Agri-polis as basis gebruik. Voorwaardes mag verskil van versekeraar tot versekeraar. 38 Navrae kan gerig word aan die outeur by 018-633 1213 of willie.louw@certisure. co.za of u naaste Certisure Makelaar. June/July 2015 • SENWES Scenario 38 June/July 2015 • SENWES Scenario